Friday, 10 July 2009

Ons kry terugvoer van ons agent

Vandag het Leon ons agent gebel, om te hoor of daar al enige nuus is van ons ENS aansoek. En uiteindelik bietjie goeie nuus.

Ons "employer nomination" is goedgekeur!! Stap 1 is suksesvol voltooi!!!

Omdat Leon deur sy werk ge"sponsor" word vir PR, moet die Mpy eers papierwerk inhandig om die regering te oortuig hoekom hulle iemand van 'n ander land vir 'n spesifieke pos nodig het. Hulle moet dan ook vir Leon 'n permanente kontrak aanbied, vir 'n minimum van 3 jaar. En vandag het ons gehoor dat hul die regering oortuig het, en dat die "nomination" aanvaar word.

Noudat dit aanvaar is, sal hul na ons aansoek kyk, en besluit of Leon die regte persoon is vir die pos wat aangebied word, en of hul vir ons permanente verblyfreg in hul land wil aanbied. Dis nou hier waar ons almal se mediese ondersoeke, Police Clearance en IELTS uitslae onder 'n vergrootglas bekyk word om te bepaal of ons 'n PR waardig is.

Nou net die laaste bietjie stres, duimvashou en baie gebede en ons sal hopelik binnekort ons antwoord kry.

Hou hiedie spasie dop!!!

2 comments:

Mirna said...

Anilo as die nomination goedgekeur is dan is julle op die drumpel my Skat!Julle kry julle pr voor die einde van volgende week! Hoor net wat ek vir jou sê! Hulle sal nie die nomination goedkeur as julle nie al in beginsel goedgekeur is nie! Kry solank die sjampanje reg Suster!!!!!
:)

sandvlooi'e said...

Jong dit is goeie nuus! ons kyk uit met groot afwagting na daardie goeie nuus!

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts