Wednesday, 8 July 2009

Vandag is dit my beurt ...... QLD lisensie ek het jou!!!

Vandag was dit my beurt om te gaan vir my bestuurstoets. En was ek nie gestres nie!!! Ek het dit 22 jaar terug in SA gedoen, en dit was vir my 'n baie stresvolle toets. En ek het dit gedop die 1e keer!!! My been het so gebewe ek kon nie die "clutch" trap nie. Was 'n "emotionally scarred for life experience" vir my gewees.

So vandag is toe weer die groot dag. Almal vertel vir my hoe maklik dit is, en hoe vriendelik die omies is wat saam met jou ry. En jy moet met hulle gesels, hulle geniet dit en jy is sommer dadelik op jou gemak. En "moenie worry nie, hulle weet mos jy kan bestuur!"

Nie die omie wat ek gekry het nie. Brombeer se moses. Glad nie vriendelik nie, en elke keer as ek 'n gesprek probeer aanknoop, dan antwoord hy my en dan daal die stilte neer. En by elke verkeerslig is die lig rooi, en sluk ek stadig aan die knop in my keel. Jy kan die ongemak met 'n mes deursny!!!! Hoekom kon al die ligte nie groen wees nie???

Hy laat my 'n 3-punt draai in die pad maak, en laat my in so 'n systraatjie parralelle parkering doen. Gelukkig nie tussen 2 karre nie, net agter 'n kar wat ek moet intrek. O genade!!! Ek's bietjie ver van die sypaadjie af, nou gaan hy my seker "fail"! Maar genadiglik kyk hy na my en se: "you've got the technique, it's good enough for me". Hemel oom, as jy weet hoeveel keer ek die laaste week my parkering geoefen het!!! Elke keer kry die kinders so glaserige uitdrukking in die oge as ons ry en ek se ek gaan net gou weer bietjie oefen. En 9 uit die 10 kere was die perfek. Maar vandag was natuurlik nie een van die 9 kere nie. Genadiglik het die omie my begenadig. Seker maar geweet ek stres my in 'n ander bloedgroep in.

Toe ek uiteindelik terugry en intrek in die parkeerplek, toe se die omie met so 'n sug: "you passed." Ag genade, kan hy nie maar nou vriendeliker wees nie???

Maar ek het dit, dit is al wat tel. Die dame wat my papierwerk gedoen het toe ek gegaan het vir my "learners" onthou my omdat ek 'n "christmas baby" is. Vandag help sy my weer, en sy se sy hoop dit gaan goed. Toe ek terugkom en sy hoor ek het dit geslaag, toe doen sy die "tango" agter die toonbank, gooi haar arms in die lug en skreeu: "now you are almost one of us!" En toe "smile" ek weer vir die eerste keer en voel goed!!! Die ozzies hou van ons!!!

Hoera!!! Kom PR, ons wag, ons lysie is afgtetiek en al wat kort is daardie briefie wat se ons is "permanent residents" van Australie.

"Bring it on!!!!! We are ready!!!!"

2 comments:

Mirna said...

Geluk! Geluk! en die lysie raak al hoe korter!!!! whooo hooooooo! ek is saam jou bly! ek het kliphard gelag toe ek jou 'post' lees! Arme ding! deur watter hel het die ou brombeer jou nie gesit nie.... Skat slowely but surely we are gettin there!!!!!
Ek was skoon lus en scan my lisensie en post dit op my blog.... maar o wee die id theft weerhou my toe! lol!

sandvlooi'e said...

Baie geluk julle 2 - ons drink 'n glasie coke op jul sukses! nou wag ons net om van die ander goeie nuus te hoor.

lekker naweek

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts