Ek is absoluut mal oor koalas. Hulle lyk so 'cuddly' en oulik!
'n Vriend van SA kuier by ons vir 'n week, sodat hy die rugby Saterdag kan sien in lewende lywe. Vandag het ek en Leon hom bietjie rondgery, en ek weet van 'n plekkie waar 'n ma koala en haar baba gereeld in ons omgewing gesien word. En wonder bo wonder is sy vandag weer daar, veilig bo in haar boom. Natuurlik is ons gas baie opgewonde, want dit is iets wat hy nog altyd wou sien, nie in 'n dieretuin nie, maar wild in die bosse.
Sy was bietjie skaam vir die kamera, maar ons het haar gesiggie darem te sien gekry.
2 comments:
Ag dit is te cute! Dit is darm maar besonders om te dink dat hulle sommer so tussen julle in die buurt is.
Ek sien nog net 3 daggies dan kom kuier jou ma! julle kan seker nie wag nie.
Geniet dit!
Groete
Ja, ons is baie gelukkig dat hulle op ons drumpel woon. Hoop net hulle word nie verjaag deur mense wat nie hul honde op "leashes" hou nie.
Kan nie wag nie, net nog 24 uur dan is moeder hier. Gaan so lekker wees om haar alles te wys.
Mooi bly!
Post a Comment