Thursday, 17 September 2009

Waldo word 11!

Ons het die 10e September Waldo se eerste verjaarsdag in Australie gevier. Hy is die enigste een in ons gesin wat nog nie in Oz verjaar het nie. Verlede jaar in Suid-Afrika was sy 10de verjaarsdag maar 'n tranerige spul omdat dit net voor ons weggaan uit ons geboorteland plaasgevind het.






Ons het die 12e September by 'n park vir hom 'n partytjie gehou. Die seuns kon visvang, en het 'n groot grasperk gehad om rond te hardloop, krieket te speel en balle rond te skop. En natuurlik was dit 'n heerlike dag omdat ouma hier kuier en sy verjaarsdag saam met ons almal kon vier.


Nog 'n nuwe ervaring vir ons was die "Riverfire Festival" in Brisbane. Dit word jaarlik in september by Southbank gehou, en almal kom daarna kyk. Hier is 'n groep van ons vriende saam met ons, geduldig wagtend op die vuurwerke. Die hoogtepunt vir Waldo was die F11 vegvliegtuig wat die verrigtinge begin en geeindig het. Ons almal het die verbyvlug geniet.



No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts