Ek weet, ek weet, ek is 1 dag laat, maar met die trek na die nuwe huis toe, is ons internet nog nie uitge"sort" nie, tot ons almal se frustrasie! Maandag bel Leon die mense van ons telefoonmaatskappy, en hulle se dit sal Dinsdag reg wees. Dinsdag bel hy en natuurlik is dit nie reg nie, nee, hy moet weer vandag bel. Vandag bel hy en hulle se: nee, hy moet nou eers 'n vorm op die internet invul!!! Kyk, toe is die boer kwaad!!! Kon hul nou nie al Maandag dit gese het nie!!! So ja, dis hoekom dinge op die internet front bietjie stil is.
Maar ja, ons is 'n jaar in Australie!!! En bring dit nie ongelooflik baie herinneringe terug nie. Wat 'n jaar het ons nie gehad nie. Te veel ervarings om weer te beskryf, maar lees maar die blog en dan sal jy sien wat ons al alles gedoen en ervaar het. Kan nie glo hoe gou die jaar verbygegaan het nie.
Die grootste van alles is seker ons huiskoop en die trek hierdie naweek. Wat 'n trek en wat 'n skoonmaak!!!
No comments:
Post a Comment