Vandag het ons besluit om te vergeet van bokse en uitpak en kaste uitsorteer, ons gaan rus en ouma vat vir '' uitstappie.
Ons het besluit om vir ouma die koalas en kangaroos van naby te gaan wys, en haar vir ‘n uitstappie na die Lone Pine Koala Sanctuary in Fig Tree Pocket toe gevat. En het sy dit geniet! Kyk net na haar glimlag en dit vertel die hele storie.
Natuurlik kies ons toe die dag vir die uitstappie op die dag wat die verskriklikste stofstorm Brisbane tref. Julle kan sien hoe rooi is die foto waar ouma die kangaroo voer. Dis alles aan die storm te danke. Sy het nou iets ervaar wat Brisbane laas in die 1940’s gesien het, maar dit was nie so erg soos die een wat ons beleef het nie.
1 comment:
Lol! Ja, nee. Ons het hier jaarliks so paar stofstorms in die VAE.
Post a Comment