Ons vriende het besluit om die naweek te gaan kamp, en het ons saamgenooi. Maar omdat ons skaars 'n week terug na ons nuwe huis getrek het, het ons besluit om net vir die dag deur te ry. Ons het Saterdag bietjie rondgery, en besluit om na die watervalle in die omgewing van Malaney te gaan kyk. Hier is die eerste waterval. Jy moet mooi kyk om dit raak te sien!! Maar die omgewing is ongelooflik mooi!!

Die waterval - kyk mooi na die foto hierbo!!
'n Student sit en speel 'n wyse by die water poel.

Leon en ouma op pad na die waterval!!

Ouma voor die "Big barrell" wynplaas in Malaney. Dit is waar Leon sy "favourite" rooiwyn koop.
Ons het na nog 'n waterval gaan soek in 'n "tropical forest", maar kon dit nie eers opspoor nie. Arme ouma het 1.2 km op 'n paadjie geloop, vol trappe, op en af, en bo-oor boomwortels geklim. Nie sleg vir 'n ouma van 70 nie. Leon het gese hy sal ouma op sy skouers dra, want sy is maar klein en petite, maar sy wou niks wees nie. Ons het haar belowe ons sal nie 'n foto neem nie, maar sy wou nie daarvoor val nie. Sy sou dit self doen, en sy het!!!

1 comment:
:)
Post a Comment