Thursday, 1 October 2009

Caboolture Historical Village

Ek het besluit om vandag vir ouma en die kinders op 'n uitstappie na die "Caboolture Historical Village" toe te neem.

Dit was baie interessant om al die ou gebou, klere, meubels en toerusting van jare gelede te bekyk. Veral ouma het dit baie geniet, want baie van die dinge wat ons gesien het, het sy as kind in haar plaashuis gehad.

Dit was 'n warm 31 grade gewees, so ons het maar kort-kort vir koelte gesoek.




Ons het op 'n treintjie deur die "village" gery, en heerlik gegiggel omdat ons so lank moes wag vir die treinrit, en toe ons uiteindelik op is, kon ons nie weer af nie. Die treindrywer het seker gedink hy moet opmaak omdat ons so lank moes wag. Hy het darem naderhand by die stasie gestop, nadat ek opgestaan, gewaai en "stop!!" geskreeu het, tot groot vermaak van die kinders en die ander mense op die treintjie.





No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts