Een van ons goeie vriende verjaar saam met Leon die 5e Oktober, en ons het besluit om saam 'n "party" te hou. Meeste van ons vriende is ook hul vriende, so dit sou nie werk om dit apart te doen nie. Ons kon nie verantwoordelik wees vir hul emosionele welstand van ons vriende as hul sou moes kies wie se partytjie om by te woon nie ........
Hier is 'n foto van die 2 manne wat die "boude" in die Webbers dophou. Ons het 4 skaapboude gekoop, en hulle was "massive". Skaap in Australie is baie goedkoop, en dis heerlik. In SA het ons maar min skaapboud gekoop, dit was bietjie duur vir die sak, maar hier kan ons dit gereeld koop. En die kwaliteit is fantasties. Een van ons ander vriende, Jan, het gehelp om die boude te marineer en gereed te kry vir die groot partytjie.
Dankie Jan, jy is 'n bobaas kok. Jou dienste sal weer gebruik word!!!
Ons het sommer die partytjie gekombineer met ons daknatmaak partytjie, so dit was 'n jolige klomp mense gewees. Ons het 8 seuns gehad om te voed, plus so 18 grootmense. Heerlik!!!
1 comment:
Baie geluk Leon!
Shoe ek het darm vreeslik baie van jou inskrywings gemis.
Maar ekt nou weer lekker saam gekuier.
Mens kan sien julle geniet die kuiertjie saam jou ma. My ma kuier ook weer hier so ons rits ook die wereld vol en dis hoekom ek nie by die blog uitkom nie.:-)
Geniet julle die nuwe huis?
Wel lekker kuier.
Groete
Mariette
Post a Comment