Sien, verlede Maandag was 'n "student free day" gewees, wat beteken die kinders bly by die huis maar die onnies werk. Omdat ek op 'n kontrak gewerk het, vra ek toe die onderhoof of ek die dag moet kom werk, en sy se "Yes!" So, ek sit toe verlede Maandag die hele dag en niks doen by die skool! En almal weet hoe moeg mens altyd is van niksdoen!!
Donderdag roep sy my en se ek moes eintlik nie gewerk het nie, sy het nie geluister na wat ek haar vra nie! Nou gaan die QLD onderwysdepartement 'n dag se geld aftrek, so eintlik skuld die skool my nou 'n dag se geld. Die skool sal my vandag boek vir werk, maar ek gaan nie in nie. Lekker, 'n dag af met betaling!!!
Ek besluit toe om vir ouma Mt Coot-tha toe te vat, sodat sy Brisbane kan sien, vanaf die berg. En was ouma beindruk.! Sy kon nie glo hoe mooi dit is nie. Sy het net die hele tyd gese hoe mooi dit vir haar is, en hoe groen, en hoe baie bome daar is. Sy is baie beindruk met al die bome. Hier in Australie word die bome nie vir vuurmaak hout gebruik nie!!
Daarna het ek haar na Brisbane se botaniese tuin gevat, en sy was verras oor al die Suid-Afrikaanse plante daar. As mens nie weet jy is in Australie nie, sou jy gedink het jy stap in 'n tuin in Suid-Afrika. Nou nie oral nie, maar die grootste gedeelte van die tuine.

No comments:
Post a Comment