Wednesday, 28 October 2009

Ouma se volgende uitstappie

Vanoggend het ek gereed gesit en wag dat Tracer my bel, om vir my te vertel by watter skool ek vandag moet gaan aanmeld. Toe ek teen 8 uur nog die die oproep gekry het nie, het ek besluit om ouma bietjie mark toe te vat. Die mark is in Eumundi, een van die "moet sien" plekke op Queensland se lys van 150 "must do things in QLD".


Dis so uur se ry van ons af, en ons was halfpad toe begin dit reen. Maar die "website" van "Eumundi markets" noem dat hulle oop is, hetsy dit reen of hael, so ek het geweet ons het baie om te doen vir die dag. Die mark was altyd net Saterdae oop, maar is nou al vir 'n rukkie ook oop op Woensdae. Ek het gedink dit sal minder besig wees, maar dit het gelyk soos die Randse Paasskou toe ons om die hoek kom. Plate karre net waar jy kyk!!


Die reen het nie gepla nie, en ouma was verwonderd oor al die mooi goed. Nie die goedkoop Chinese produkte wat mens by al wat 'n vlooimark kry in Johannesburg se omgewing nie, nee, "geniune" ordentlike klere, vreemde kosse wat jou mond laat water, pragtige handgemaakte juwele en skilderye, glaswerk en alles wat jou huis kan versier.




Na die mark het ons gestop by die "Ginger factory", en ons het 'n heerlike bak chips met "gravy" vir middagete gehad. Uit die boonste rakke!!! En 'n goedkoop maaltyd vir mense op 'n "budget".











Op pad terug huis toe, het ouma gese dat sy nooit gedink het sy sou soveel nuwe dinge in haar lewe ervaar en beleef nie. Sy is absoluut in vervoering oor die bome. Oral waar jy kyk is plate bome. En na gister se buitjie reen, is al die "creeks" vol water, en dis heerlik om te ry en net bome en waterpoele te sien. Skoongewas en alles is sommer mooi en helder.

Dit was 'n heerlike dag saam met ouma gewees.

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts