Ons het begin by die “Carrara Markets”. Wat ‘n belewenis!! Dit was anders as die Eumundi mark, omdat daar ‘n groot Chinese “presence” was, maar die ander stalletjies, hordes van hulle, het steeds wonderlike produkte te koop gehad.
Daarna het ons “Surfers Paradise” toe gegaan. Die plek waar almal uithang. By die strand!! Die “Gold Coast” word deur toeriste beskryf as beter as “Miami Beach”, maar omdat ek nog nooit in Miami was nie, sal ek nou nie eintlik kan sê of dit waar is of nie. Maar dis steeds ongelooflik mooi.

Daarna het ons die berge aangepak, en by “Tamborine Mountain” ‘n draai gaan maak. En die ongelooflikste uitsig gehad oor die hele “Gold coast”.

Ons het by ‘n Poolse koffie plekkie op die berg gestop, en bietjie iets te drinke gehad, en die mooiste uitsig oor die berge in die binneland gekry. Ons het ook Lorekiete gehad wat wou saam kuier om die tafel. Na die ongelooflike uitsig oor die binnelandse berge, kan ek verstaan hoekom die mense in Australie langs die kus bly. Die binneland is nie baie begaanbaar nie. Min paaie, baie berge! En seker ook baie goggos!!



Op pad af van die berg af, kom ons toe af op die "tree top walk". Ons het meters bokant die aarde op 'n mensgemaakte stellasie geloop. Tot groot frustrasie van Alrich, wat nie hou van hoogtes nie. Leon het agterna gese dat as hy eers gesien het hoe die stellasies staangemaak is, sou hy dalk nie daarop geloop het nie. Dit was in elk geval 'n belewenis.

Ouma se dat sy nooit gedink het sy sou soveel nuwe dinge beleef op 70 nie. In haar jonger dae het sy darem die wereld so bietjie verken. Sy het die Bybellande besoek, Israel, en nog andere, en het ook so paar Europese lande besoek. Sy was ook op 'n passassierskip na Mauritius, een van die vakansies wat ons verskriklik geniet het. Ouma het seker gedog op haar ouderdom is dit nou iets van die verlede. Maar ons het haar darem nou so ietsie meer van die wereld laat ervaar. En ons gooi haar sommer in die diep kant in, vra nie of sy iets wil doen nie, se net vir haar wat sy gaan doen, en sy glimlag net en se "dis mar reg!"
Daarna het ons die tog aangepak huis toe, maar nie voordat ons eers by “Yatala Pies” gestop het nie. Hulle is bekend as 1 van die 2 beste “Pie shops” in Queensland. En dit was heerlik. Toe Leon agterna vir die kinders vra wat hulle die meeste geniet het, het Waldo sonder twyfel gesê “Yatala pies”. Dit nou van ‘n “tweenager” wat altyd aan kos dink!
Dit was ‘n heerlike dag, en ons het stokflou by die huis terug gekom. Ouma het dit baie geniet, en gesê die uitsig van die “Gold Coast” vanaf “Mount Tamborine” was vir haar die hoogtepunt van die dag se uitstappie.
No comments:
Post a Comment