Saturday, 14 November 2009

Glass House Mountains



Ons het Ouma na die Glass House Mountains toe gevat, en sy het die vreeslik geniet. Sy is verstom oor die pragtige land. Sy is verbaas dat mens nie meer hoor van mense wat in Australie kom vakansie hou nie. Almal gaan Europa toe, of Amerika, maar mens hoor bitter min van mense wat in Australie kom vakansie hou. Hulle weet nie wat hulle mis nie!!




Hier is 'n foto van ouma by die berge:


Ouma en Alrich. Kyk net die lang hare!!! Hier is dit mos toelaatbaar in die skole, en probeer nou vir 'n tiener seun oortuig "army style is the way to go".


Hier kan jy bietjie meer van die "Glass House Mountains" gaan lees:

http://www.australianexplorer.com/glass_house_mountains.htm

En hier is die baie interessante "Aboriginal legend":


In the Aboriginal legend the mountains are members of a family with the father being Mount Tibrogargan and the mother Mount Beerwah. All of the other mountains are sons and daughters with the eldest being Mount Coonowrin.

Tibrogargan, the father, observes that the sea is rising and asks that Coonowrin the eldest son help their pregnant mother to safety. Terrified, Coonowrin instead flees. Infuriated by his sons cowardice Tibrogargan pursues him and strikes him so hard that he dislocates Coonowrin's neck.
Once the danger passes Coonowrin feels tremendous guilt for his actions and asks his father, brothers and sisters for forgiveness but all wept with shame. This is said to explain the many small streams that flow through the area. Tibrogargan turned his back on Coonowrin and gazes out to sea refusing to look at his son Coonowrin who continues to hang his head in shame and weeps.


(Geneem uit Wikipedia)

Ouma se tyd raak min, en oor 10 dae gaan sy terug huis toe. Ons sien nie uit daarna nie, en die afskeid le swaar op ons almal se gemoed. Dis die "sad" deel van emigrasie, die afskeid en onsekerheid van of en wanneer jy ooit weer jou mense gaan sien. Dan vra mens jouself gereeld of dit die moeite werd is, en elke keer kry jy dieselfde antwoord: Ja!!! Vir die rus en innerlike vrede wat ons hier ervaar, sal ons dit nooit verruil nie. Hier voel dit weer of mens kan lewe. En die seuns se rustigheid en hulle groter wordende afhanklikheid is onbeskryflik.

Alrich het vandag sy CV gaan ingee by 'n paar winkels in ons "local mall", want hy is oud genoeg om te begin werk. Hy wil so graag werk en sy eie sakgeld verdien, en ons ondersteun hom heelhartig hierin. Hy spaar vir 'n elektriese kitaar, en die vinnigste manier sal wees om sy eie sakgeld te verdien.

Een van die plekke was baie positief, en het gese hul soek mense, hul sal sy CV vir die "manager" gee en dan sal hul hom bel vir 'n onderhoud. Hy is baie opgewonde, en ek dink dit sal hom bietjie verantwoordelikheid leer en minder tyd gee vir tiener nukke en grille. Hou duim vas dat hy gou sy eerste werkie sal losslaan!!

(Natuurlik sal ma se beursie ook dankbaar wees!)

1 comment:

Mariette. said...

Man mens kan sien dai ouma kuier lekker, Geniet die tydjie wat oor is julle want dit vlieg ongelooflik gou verby.

Jammer ek het bietjie lanklaas ingeloer. Maar ek het hierdie Fbook farming begin en dit het al my extra tydjies op geneem, en dan het my ma ook vir 2mnde gekuier so ons het net so lekker rond gerinkink.


Dit is darm maar 'n pragtige land daar waar julle nou is jongie.
ai ai ai !!!!

lekker week
groete

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts