Ouma se kuiertjie raak nou regtig kort. Vandag oor 'n week is sy alweer terug in Suid-Afrika!! Nog net 6 dae saam met ons en dan is sy weg!! Waar is die tyd heen?????
Ouma is so mal oor die kangaroos en die koalas, ek het besluit om vir oulaas vir haar die diere te gaan wys sodat sy vir 'n laaste keer met hulle kan gesels en hulle kan voer. En het sy dit nie geniet nie!
Kyk net na die video. Die kwaliteit is bietjie swak, maar ek het onthou dat my kamera kan video's neem, en haar so vinnig afgeneem, sonder dat sy eers geweet het.
Ek sit al die fotos en video's vir haar saam op 'n DVD, en dan kan sy as sy by die huis kom, weer daarna kyk en onthou wat sy alles saam met ons gedoen het. Dit is 'n goeie herinnering aan haar kuier by ons.
No comments:
Post a Comment