Vandag is die dag waarna ek so opgesien het..........
Ouma se 3 maande kuier is verby en vandag moes ons haar by die lughawe gaan aflaai. Dit was regtig nie maklik nie. Om haar dun, klein ou lyfie vas te druk en nie te weet wanneer ons haar weer gaan sien nie ...... Dit breek 'n mens se hart!!!
Dankie ouma vir die heerlike kuier, dit was so lekker om jou vir 3 maande by ons te kon he!
Hier is 'n foto van ouma en Leon wat ek geneem het met ons laaste uitstappie. Ons het so bietjie op "Bribie island" gaan rondry, sodat ouma ook kon voel hoe dit is om op die strand te kan rondry. Sy het dit baie geniet!!
No comments:
Post a Comment