Tuesday, 16 February 2010

Mischa - Die nuutste toevoeging tot ons familie

Vandag het ons 'n nuwe katjie gekry, en nie sommer van hier nie!! 'n Russian Blue, en dis soos die naam se, haar voorgeslagte kom van Rusland af. Die dat ek vir haar 'n Russiese naam moes soek, sodat sy darem in haar pedigree kan bewys dat haar voorgeslagte van Russiese afkoms is.

Die probleem met die naam is dat nie enige Russiese naam maklik is om te roep nie. As ek by die huis kom in die middag, wil ek darem my katte kinders "dag" se, en dan moet ek hulle roep. Misty is maklik, dit roep sonder probleme, maar 'n Russiese Svetlana of Yochevet sal nie goed werk nie. En so het my soektog toe geeindig by Mischa. Gaan ook mooi saam met Misty.

Hier is wat die internet daarvan se:


Mischa
Russian · Female
Nickname for Michael: gift from God
En vir die wat wil weet: "hoekom 'n Russian Blue?"

As jul teruggaan in my blog se geskiedenis, sal jul kan lees van ons 3 katte wat ons in SA moes "rehome" toe ons Australie toe gekom het. Een van my katte was 'n Russian Blue, Nina. En hierdie is uitsonderlike katte. Pure huiskat en 'n mense kat. Ek het nooit gedink dat ek weer so 'n kat sal kan besit nie, of dat so 'n kat my sal besit nie, maar wonderwerke gebeur, en ek het na maande se soektog 'n tannietjie opgespoor wat met hulle teel, en nie 'n arm en 'n been vir hulle vra nie. Daar is amper geen telers van die soort katte in QLD nie, en dis waarom Mischa se naam so gepas is vir haar.

Ek neem binnekort 'n foto van ons nuwe huisbewoner sodat julle almal kan sien hoe sy lyk. Bietjie vreemd en bang vandag, maar sodra sy ons vertrou, neem ek haar af.

2 comments:

Kiti said...

Baie geluk met die nuweling, Anilo. Ek is mal oor Rus Blues, het ook een gehad, genaamd Ashley. Baie besonderse katte. Jy is soos ek, hou van katte met daai onbeskryfbare "iets" ekstra.

****************************************** said...

Hi Kiti!

Ja, dis baie waar, ek hou van daardie "iets" wat katte besonders maak. Mischa is 'n fees om groot te maak, so maklik en sonder "issues". Ons is mal oor haar, en Misty geniet haar net so baie.

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts