Friday, 12 February 2010

Ons laaste kammplek - Tamworth

Posted by Picasa
Ons laaste kammplek was in die dorpie Tamworth, waar die jaarlikse country musiekfees gehou word. Wat 'n pragtige dorpie, skoon en netjies, en ek kan nie wag om weer soontoe te gaan nie. Dis die plek van die "golden guitar". Ongelukkig het dit so baie gereen, ek kon nie die kitaar in sonlig afneem nie.

Op pad na Stanthorpe, het ons verby die "big apple"' gery. Ons was veronderstel om daar kamp op te slaan vir die laaste 4 dae van ons vakansie, maar ongelukkig moes ons maar verbyry, omdat my asma toegeslaan het. As gevolg van die reen en klammigheid, het my asma vir die eerste keer in seker 3 jaar kop uitgesteek.

Van Tamworth af was dit 7 ure se ry tot in Brisbane, en dit was vir ons 'n baie lang rit gewees. Maar ek was baie bly om uit die nattigheid te wees, en warm in ons eie bed te kon slaap.
Ek het hierdie week vir die eerste keer nie meer aanhoudend gehoes nie. Dit het nou net mooi 6 weke gevat om my asma weer onder beheer te kry. Maar ons gaan beslis Stanthorpe toe, ons betaling word vir 6 maande vir ons gebank, so ons kan dit enige tyd gebruik. Maar ons gaan beslis nie kamp nie!!!

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts