
Die enigste ligpunt was dat die “lagoon” reg by die kampplek verbygeloop het, en so 100 tree van ons kampplek af was die paadjie na die strand. Dit was ‘n baie mooi baai, maar nie vir swem nie, want oral het bloublasies rondgele. Maar die see en die berge daarom was baie mooi gewees. Die kinders was baie in hul noppies, want hul kon so te se van ons voorstoep af visvang in die "lagoon".

Mak papegaaie kom soek kos, en ons het ook die lorekiete met die hand gevoer. En ons is elke oggend douvoordag wakker gemaak deur die Kookabarra's.

Daar was nogal baie mense gewees en party het sommer in hul karre geslaap. Ons was nogal ver van die ablusieblokke af, en dit sou vir ons 'n groot probleem word toe die reen begin! Die deure van die storte en toilette was ook net so dat dit jou lyf amper toemaak, maar as iemand naby die storte verbyloop, kon hul oor die deur sien wat jy doen. Ons het maar met ons rue na die deur gestort, en as jy op die toilet sit vat jy die verste hokkie, sodat iemand nie vir jou loer nie. Nou nie "my cup of tea" nie. Ons het nie so veilig daar gevoel nie, en het besluit om nie na donker alleen na die ablusieblokke te loop nie. Daar was ook groepe mense wat die hele tyd visdisse gemaak het. Dan stink dit om ons dat ons wil naar word. Hulle het die enigste kampkombuis se wasbak met al die vis skubbe en grate laat verstop, so niemand kon skottelgoed was nie. Ons moes maar water in ons eie bakke tap om al die skottelgoed skoon te kry. Wat 'n gemors!!
Die 23e Desember het ons besluit om vir die dag Sydney toe te gaan - 'n goeie 73 km ver! Dit was nogal ‘n lang rit en die klomp kinders het maar goed ongeduldig en moeg geraak. Die treine is almal dubbel treine, so dis nogal ‘n ondervinding gewees. Groot en lank, en vat baie meer mense as QLD treine.


Manly is die mooiste dorpie, met die mooiste strand, en ons het daar heerlike middagete geeet. Die kinders almal verniet, want die restaurant eienaars staan buite en lok jou binne met hul “specials”. Ons het so bietjie rondgeloop, en die kinders wou almal vir hulle juwele koop soos Alrich s’n. Nekgoed en armband en ringe, so hulle was almal in die “souvenier” winkels gewees. Behalwe Waldo, hy wou ‘n regte “souvenier” koop van Sydney, en het uiteindelik vir hom die mooiste horlosie gekoop van die operahuis, en dit staan op sy bedtafeltjie. Hy wou iets he wat hom sal herinner aan Sydney, so ek was nogal baie trots op hom wat so oulik is.

Manly, en die deurloop na die strandgebied toe. Ons almal het dit verskriklik geniet, en die strand en dorp was vir ons ongelooflik mooi gewees.

Op pad terug het ek hierdie ongelooflike mooi foto geneem. Lyk dit nie vir julle bekend nie??? Dit lyk soos "The heads" by Knysna. Ongelooflik mooi!!

En my droom is bewaarheid - om in lewende lywe by die "Opera House" te wees, dit self te sien en ervaar, nie net op die TV te kyk of in 'n fliek te sien nie.



Daarna is ons terug na die hawe, waar ons op ‘n ander ferry is, wat na die ander kant toe van die opera huis is, na “Darling Harbour”.



Die groot hawebrug, met die operahuis in die agtergrond.
Ons was ongelooflik moeg toe ons uiteindelik terug kom by ons kampplek. Maar baie tevrede dat ons gesien het wat ons almal so graag wou sien.

Kersdag het dit begin reen, en dis waar al die probleme begin het. Ons moes ver loop in die reen na die ablusieblokkie, want dis nat, dis ver en donker, en as jy wil gaan stort of piepie, dan moet jy deur die reen. Die mans het die vrouens en kinders met die karre gevat om te gaan stort, net sodat ons kon droog bly vir ‘n rukkie. Kersaand was ons matras en beddegoed by die kante nat, so ons het min geslaap. Hele tyd gekyk of die tent nie nog lek nie. Gelukkig het ons ons slaapsakke ekstra gevat, toe kon ons dit oopzip en droog onder dit slaap. Maar dit was nie 'n baie rustige slaap nie, want kort-kort sit Leon die flits aan om te "check" of die tent nog droog is.
Uiteindelik het die oggend aangebreek en dit het net lank genoeg ophou reen sodat ons kon tent opslaan en na Tamworth toe ry. Ek vertel later van ons laaste kampplek vir die vakansie.
1 comment:
Klink na 'n regte avontuur wat julle gehad het! Kyk bietjie na Big4 en Top Tourist Parks se kampplekke - ons ondervinding met hulle wat sover nog net great. ;)
Post a Comment