Saturday, 9 January 2010

Ons eerste kampplek - Coffs Harbour

3 Gesinne, ons, Liebenbergs en die Kapps’s, het die 19de Desember, mekaar so 6 uur die oggend op ‘n afgesproke plek gekry, fotos geneem van die karre met ons gehuurde "camper trailers", en in die pad geval. O terloops, die skadunette waaronder ons staan, is die van ons local "mall".




Ons eerste stilhouplek was Balina, sowat 200 km van Brisbane. Die plek se naam is die "Macadamia castle", en ons het ons toer met 'n heerlike ontbyt begin.


Hier sit die 12 van ons heerlik en eet, vol entoeisiasme vir die toer wat voorle. Elke gesin het 2 seuns, ouderdomme wissel van 6 tot 11, en ons is die gelukkige gesin met 'n 14-jarige tiener om die groep van ses seuns vol te maak.


Groot was ons teleurstelling toe ons besef dat Oz se snelweg net 2 bane is, en dit gaan regdeur die klein dorpies, waar mens moet spoed verminder van 100, na 80, dan 60 en dan 50 deur die dorpies. Jy kan net “imagine” hoe lank vat dit om 360 km te ry teen daardie spoed, en dit op ‘n enkelpad. Die dorpies in New South Wales waardeur ons ry is regtig klein, en baie oud. Dit lyk soos boere dorpies, en die meerderheid van die huise lyk soos krotte van buite. Ek kon nie glo dat mense daarin bly nie. En vuil!! En dit lyk asof die huisies met die eerste groot wind gaan omval, so verniel, afgeskilfer en verwaarloos is hulle. Natuurlik staan meeste van die huisies skaars 2 tree van die pad af (skuus, die snelweg!) waar mens verby ry.

Die kinders het gese dat die dorpies daar nie naby aan Montville en die mooi plekkies kom waar ons gereeld heen ry nie. Natuurlik het die natuur ook verander soos ons dieper in NSW ingery het. Daar is nog steeds baie bome en verskriklik baie water, met ‘n klomp bruggies waaroor ons gereeld moes ry, maar dis ander bome as in Qld. Bome wat ons nie ken nie. Maar net so baie. Bosse aanmekaar, reg teen die pad. Maar dit was baie duidelik dat ons in ‘n ander staat as QLD is. Ons het oor die snaakste brûe gery, hordes van hulle, en party was net enkel bruggies van “sleepers”, en het nie te veilig gelyk nie. En hulle “wobble” soos jy daaroor ry, en dit nog met ‘n “trailer “ ook!! Ons het ook kilometres ver langs water gery, riviere wat hier reg langs die pad loop, en lyk asof dit oor die pad gaan loop as 'n briesie begin waai. Hier is definitief baie water!! En die natuur is pragtig, groen net waar jy kyk.


Ons het eers die middag by Coffs Harbour aangekom, en ons was nogal beindruk met die kampplek. Skoon, netjies en stil, en daar was sommer so ‘n groot “jumping pillow” vir die kinders naby die staanplekke. Ons sien hul speel van ons “voorstoep” af. En sommer 'n paar tree van die ablusieblokke af, dis ‘n paar sekondes dan is jy in die badkamer. Baie gerieflik en genoeg storte en toilette vir almal. En darem meestal skoon.


Hier het ons laer getrek by ons eerste kampplek in Coffs Harbour.


Hier is 'n foto van die strand, pragtig, rustig en baie, baie skoon en mooi. Ons het laatmiddag langs die strand gaan loop, waar die kinders en Leon bietjie met hul visstokke kon speel, en ons kon bietjie ons fotografie "skills" oefen.



Hier is ek en Rone Liebenberg, met ons eerste wandeling langs die see. Coffs Harbour le in die agtergrond.


Waldo met sy visstok, sy groot liefde!


En hier is 'n miljoendollar foto, besig om skottelgoed by die kraan langs die tente te was. Die gesigsuitdrukking vertel die hele storie!!


En hier is die glimlag waarvoor ons almal gewag het:




Ons is die volgende dag na die “Big Banana” toe, waar ons op die “toboggeran” gery het. Dis so ‘n nou spoor wat teen ‘n berg afloop, waar jy op ‘n plat swart voetstuk sit, met ‘n stuurstang tussen jou bene waarmee jy kan briek. Ons almal het daarop gery, en ek het mooi aksie fotos van almal geneem soos hul afkom teen die berg, hare in die wind.



Hier is 'n foto van ons voor die groot piesang. Links is Jan en Elmari Kapp, met Keanen en Stiaan, Rone se seuntjie, dan ek en Waldo, en Alrich wat agter my wegkruip, net die bene is sigbaar, en dan Jacques en Rone Liebenberg, met hul seun Juan op die punt, en langs hom staan Gian, Jan en Elmari se oudste.







Pa se groot glimlag van genot!!





By die groot piesang is baie om te doen. Daar was ook 'n groot waterpark, wat almal wou uitprobeer. Jan en ek het fotograaf gespeel, Jan omdat hy so rukkie terug sy rug seergemaak het, en ek omdat ek toe al vir 'n paar dae 'n keelseer het, en nie wou siek word nie.



Leon in aksie by die waterpark:





Waldo in aksie:



Dis nou eers genoeg van ons eerste kampplek, ek vertel later meer van ons volgende oorstaanplek.

3 comments:

Mirna said...

Ai klink of julle dit terdee geniet het!

Hmm ek het besluit om myself terug te roep na Bloggerland - het heelwat om te deel en wag net vir die 'regte' tyd.

Daisy said...

Hallo, ons woon in Sydney en was jammer om te lees van die goor kamp plek by Umina. Weet jy van die Big 4 kampeer plekke. Kyk gerus by http://www.big4.com.au/. Jy kan beslis nie 'n fout maak met 'n kampterein wat aan die Big 4 groep behoort nie, dis altyd spotless skoon en beslis aan te beveel. Kom kuier gerus weer in Sydney! groete, Daisy

****************************************** said...

Hi Daisy,

Baie dankie, ek sal beslis daarna kyk. Gelukkig was 2 van die 3 kampplekke wonderlik gewees. Sal volgende keer behoorlik navorsing doen. Die probleem is die plekke lyk so mooi op die internet en as jy daar kom dan lyk dit glad nie soos die fotos nie.

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts