Leon was nog altyd ‘n Grand Prix “fanatic” gewees. Sy held was nog altyd Michael Schumacher gewees, en sy grootste droom was altyd om die Grand Prix in lewende lywe te ervaar. Hierdie jaar was sy kans, en omdat Waldo sy liefde vir motors deel, kon die 2 nie wag dat ons Melbourne toe gaan nie. Die groot aantrekkingskrag was natuurlik ou Schumie wat weer hierdie jaar in die F1 sou wees, nadat hy sy uittrede aangekondig het.
Uiteindelik is hul droom bewaarheid. En natuurlik kon ons dit doen omdat ons nou sommer in Australie bly, anders sou hulle nooit hierdie geleentheid gehad het nie.
Die beste "seat" vir die manne, regoor Michael Schumacher se "pit stop" en die "bigscreen" sodat hulle al die aksie kan volg.

Van die motors wat ook aan die vertonings deelgeneem het.





No comments:
Post a Comment