Tuesday, 30 March 2010

Ons langnaweek in Melbourne

Terwyl ons besig was met die proses om te "relocate" na Australie, het ek deur 'n "social networking group", baie nuwe Suid-Afrikaanse vriende ontmoet wat ook op pad na Australie was. Hulle is nou dwarsoor Australie versprei.

Omdat Leon so graag die F1 in Melbourne wou gaan kyk, het ek besluit dat ek saamgaan. Ek wou by ons vriende in Melbourne gaan kuier, en ook sien hoe lyk die stad Melbourne. Ons het nou al gesien hoe Brisbane en Sydney lyk, so die F1 Grand Prix was die ideale geleentheid om ‘n nuwe stad te sien en ervaar.

Ons het ons toer in die stad begin deur op die gratis "tourist shuttle bus" te klim. Hierdie bus doen 'n roete deur die stad, met 13 verskillende stop plekke. Ons kon kies waar ons wou afklim, en later kom die bus weer verby, en jy klim weer op tot by die volgende punt wat jy wil besoek. Ons het slegs 5 ure gehad om Melbourne te sien, so ons moes mooi dink en besluit waar ons wou heen. Wat 'n moeilike besluit. Melbourne is groot, en ek dink mens het omtrent 'n week nodig om alles te sien, natuurlik afhangende van waarvan jy hou.


Melbourne is pragtig, met sy moderne, kunstige geboue. Dis ‘n baie groot stad, baie groter as ou Brissie waar ons woon. Melbourne is bekend vir sy trams, en wat ‘n belewenis was dit nie!

Dit is ‘n groot, oorweldigende stad, pragtig om te sien en ervaar. Oral in die stad is kunswerke te sien.

Van die pragtige, kunstige geboue. Ons het net verstom gestaan en kyk. Daar was baie meer, maar omdat die "shuttle bus" so vol was en ek moes klou vir 'n vale om nie om te val nie, kon ek nie uit die bus fotos neem van al die geboue waar ons verby gery het nie.

Onder in hierdie snaakse gebou, is maar net 'n klein, "7 Eleven" winkeltjie.


Hier is wat die Victoria website (http://www.visitvictoria.com/displayobject.cfm/objectid.00F8A155-D0B2-4064-A934C4B060DA5435/)

van Melbourne sê:

Victoria's capital, Melbourne, sits on the Yarra River and around the shores of Port Phillip Bay. Lauded for its sense of style and elegance, Melbourne boasts glamorous festivals and events, Australia's best shopping, a lively passion for eating and drinking, and a flourishing interest in the arts. Restored and preserved nineteenth-century architecture, built following the discovery of gold, provides a heady reminder of a prosperous age, while beautifully tended parks and gardens present a therapeutic respite from the pace of city life.


Events

Melbourne and Victoria host some of Australia's most prestigious events throughout the year, including the Spring Racing Carnival culminating in the Melbourne Cup in November, the Australian Open Tennis Championships in January, the Formula 1™ Australian Grand Prix in March, the Melbourne International Arts Festival in October, the Melbourne International Comedy Festival and the Melbourne International Flower and Garden Show in March and April. Your tastebuds will be rewarded with a number of food and wine events around the state.

Die "National Gallery of Victoria" Die groot glaspaneel agter is 'n water fontein.

Die grootste, werkende horlosie. Daar word weekliks nuwe plantjies geplant om dit so groen te hou. Selfs die sekonde wyser tik die sekondes af.

Die Yarra rivier

Een van die ingange na die pragtige park in die middel van die stad.

Federation Square.

Kyk die groot TV skerm in die "square". Alle groot sport byeenkomste word daarop uitgesaai, en dan kom die mense van Melbourne in die "square" bymekaar met hul piekniek mandjies om dit op die skerm te kyk.


Melbourn is ‘n besige, groot stad, en daar is ‘n gejaagdheid wat ons nie in Brissie ervaar nie. Na Johannesburg se alewige gejaag en hoë stresvlakke,was Brissie vir ons die ideale keuse. Dit is ‘n kleiner, rustiger stad, met daardie “laid back” houding waarvoor Brissie bekend is.

Ons gesinnetjie het die naweek verskriklik geniet, en dit was wonderlik om 'n nuwe stad te sien en ervaar. Die wonderlikste gevoel was toe ons vliegtuig Brisbane begin sirkel, en ek afkyk uit die vliegtuig, en die bekende bakens herken. En die warm gevoel in my hart om te weet ek is weer tuis. Hierdie is ons veilige hawe!!

En die kinders se opgewonde: "Ons is by die huis!" het my laat besef dat ook hulle, gelukkig is in ons nuwe land.

Brissie is ons tuiste!!

2 comments:

Mariette said...

Hi daar!
Shoe ek het lank laas hier by jou gekuier, ons het getrek en glo dit of nie, ons het nou nog nie internet nie... ai en dit is nogal 'n ding soms....

Dit lyk asof julle julle kuiertjie in Melbourne geniet het, en die fotos is so mooi.
As jy nou kan kies waar in Aus sal jy graag wil bly, want julle was nou al by 'n paar plekkies daar.


Nou dan groet ek vir eers, sal weer kom inloer, sodra ek weer internet het.

groetetjies
Mariette

****************************************** said...

Hi Mariette, lekker om weer van jou te hoor.

As ek weer kon kies, sou dit definitief weer Brisbane wees. Dit bly ons "favourite" plek!

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts