Ons gesin het besluit dis tyd om nuwe dinge te "explore". Daar is 'n paar eilande om Brisbane wat slegs met 'n "ferry" bereik kan word, en ons het besluit om die "trippie" op 'n ferry met ons Toyota RAV 4 te waag. Ons is maar jammer vir ons karre, die goed kos mos baie geld, maar ons het besluit dat ons dit gaan doen. Duisende ander voor ons het dit al gedoen, nou is dit ons beurt om "adventurous! te wees!
Ek het die pryse bekyk, en besluit dat $135 vir 'n "round trip" na die eiland darem maar baie geld is. Toe sien ek op die "website" dat daar op Sondae 'n "Sunrise special" is, vir $50. Dit pas baie beter by ons "budget". Natuurlik beteken dit ons moet al 05:40 by die hawe wees om die "ferry" te vang. Ek is baie lief vir laat slaap, maar besluit toe maar om ter will van manlief die slaap op te offer en die "budget" te spaar, so ek sal maar vroeg opstaan.
Die ferry waarmee ons gegaan het se naam is Minjerribah, en dis ‘n Aborigini naam wat beteken Noord Eiland.
Dit was natuurlik die mistigste dag van die jaar wat ons gepiek het vir ons "sunrise trip", maar groot was ons opgewondenheid toe ons die sonsopkoms oor die see kon sien.
Dit was so 45 minute se ry, toe is ons op die eiland. Ons het by een plekkie, Amity Point ,ontbyt geeet wat ons saamgevat het, en toe verder gery na Point Lookout. Daar het ons rondgeloop en op ‘n klein strandjie gaan sit en vir die see kyk. Dis 'n pragtige, klein baai, en mens mag nie daar swem nie, agv golwe en baie rotse. Dit was regtig mooi en rustig, en ons het bietjie na die see gestaar en die rustigheid ervaar na 'n besige week.
Daar is 'n pragtige wandelpad al om die kranse, en hier is 'n foto wat ek geneem het van die kuslyn van "Point Lookout", die bekende bymekaarkom plek op Straddie eiland.
Hierdie foto wys hoe ongelooflik skoon die water is. Dis van bo van die kranse af geneem. Ons kon letterlik die sand onder op die bodem sien.
Hierdie paadjie loop al om die rotse bo die see, en dis waarvandaan ons die pragtige strande afgeneem het.
Die Quandamooka, ons "ferry" vir die terugreis na Brisbane.
Ek het nie gedog al die motors, bote en trailers gaan inpas nie, maar uiteindelik was almal veilig vir die terugvaart huis toe.
Dit was 'n heerlike "trippie". Vir die hengelaars is dit 'n hengelparadys, en as jy die hele dag wil visvang, op die strand wil ronry met jou 4x4 of net op die strand wil gaan sit en vir die see staar, kan ek Straddie aanbeveel vir 'n heerlike dag"trippie".










No comments:
Post a Comment