Monday, 28 June 2010

Die gat - hoofstuk 2

Uiteindelik begin die gat nou meer na 'n swembad lyk.  Die teels rondom die swembad is uiteindelik klaar gedoen, en die enigste teleurstelling was dat die teels vir die "water feature" nog nie afgelewer is nie.  Dit moet nou natuurlik oorstaan tot 'n volgende keer.


Uiteindelik is die heining vandag voltooi, en eers as die inspekteurs die heining goedgekeur het, kan die swembad verder klaar gemaak word.  Ongelukkig gaan dit nog 'n tydjie vat, want ons moet eers al die spasies onder die heining opvul voordat die inspekteurs kan uitkom.  Die kante moet opgevul word, en dan afgerond word met mooi wit klippies, om bietjie die grysheid te breek.  Teen die muur is 2 kleure geverf, en ons het besluit om die muur donker grys te verf, want dis al wat pas by die donker teels.  Geen ander kleure lyk mooi nie, en ons sal wit klippies gebruik om dit beitjie op te helder.  Natuurlik is die "water feature" se teels ook lig, en sal goed kontras skep.

Ons vorder darem .... stadig maar seker ....


4 comments:

Mariette. said...

Hi jy!

Wel julle voder beslis. Ek hou nogal van die grys kleur en kan nie wag om te sien hoe die wit dit gaan afrond nie.

Is die heining wat julle op gerig het 'n verpligting? - Dit is eintlik 'n goeie ding.
Wel dit lyk pragtig so ver.

Lekker week
Mariette

Sandra said...

Bietjie hier by jou blog ingeloer en lekker gekuier. Hoop julle swembad is gou-gou klaar.

Ani said...

Hi Mariette

Ja, die heining is verpligtend. Die reels hier in QLD is ongelooflik streng, en dit word vir die geringste dingetjie afgekeur. Ons hou duim vas dat dit sal deurgaan.

Lekker naweek!

Ani said...

Hi Sandra, dankie vir die inloer. Ek kan nie wag dat die swembad klaar is nie, dan kan mens uiteindelik dit begin geniet!

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts