Ons vertrek op die "barge" vanaf "Inskip Point" by "Rainbow Beach"
Die eerste dingo's wat ons raakloop
'n Skeepswrak iewers langs die 100km lange strandgebied
Die 2 4x4's waarmee ons gery het. Links is ons Prado, en regs is ons vriende s'n.
Verkeer op die eiland
Nie gedink hier sal 'n vliegtuig wees nie.
Fraser Island is bekend vir Lake Mackenzie, die grootste, mooiste, helderste binnelandse varswater "lake". Ongelukkig was dit gesluit vir toeriste, en ons moes tevrede wees met Lake Birrabeen, ongeveer 80% so mooi soos Lake Mackenzie. Ongelooflik mooi, spierwit sand, so fyn dat dit nie eers aan jou voete vassit nie. Hier sal ek in die somer wil swem!!
Nog 'n "lake", hierdie keer Lake Boomanjin.
Hierdie dingo het soos 'n "puppy" op die strand gespeel, en was tevrede om aan 'n stuk stomp te kou!
Hierdie is die "Pinnacles" . Verskillende kleure sand, laag op laag versamel.
Sonsondergang op Fraser Island
Ernstige vissermanne!!
Hierdie is "Champagne pools". Die water is die kleur van sjampanje.
Ons het "Indian Head" geklim en hierdie pragtige fotos van bo af geneem.
Ons blyplek op Fraser, die onderste deel was ons huis gewees.
Die binnelandse paadjie wat ons daagliks moes ry om by die see uit te kom.
Op pad huis toe. Ons was die laaste kar op die "barge"
"Inskip Point" in sig. Die rit is vinnig verby, en die motors word sommer op die sand afgelaai. Ons was baie gelukkig dat ons nie een keer vasgesit het nie. Ons Prado het haarself oor en oor bewys!!
No comments:
Post a Comment