Saturday, 24 July 2010

'n Heining verloor sy stryd .....


Ons swembad se teelwerk is uiteindelik afgehandel, en die "water feauture" is uiteindelik geteel.  Die teler was bietjie stadig, en hy was nie vreeslik gemotiveerd om die klein "joppie" klaar te maak nie.


Ons grootste kopseer was om 'n plan te maak met die heining.  Dis op plekke aangelap, geverf en ons het nie geweet wat om daarmee te doen nie.  Verf was ons enigste opsie, maar watter kleur verf jy nou 'n houtmuur om natuurlik te lyk saam met grys teels?

Ek het eendag gesien dat bamboe gebruik word om areas mooi te maak, en ons het besluit om dit te porobeer.  Ons wil he dat dit natuurlik moet lyk, veral met die "bushland" agter ons huis, wou ons nie gehad het die swembad area moet "inblend" met die omgewing.  En hier is die resultaat.  Opgesit, geolie en reg vir die finale afronding.

Die blou bord agter teen die heining, is die CPR instruksies, wat in die swembadarea moet aangebring wees.  Dis volgens QLD se voorskrifte vir heinings en swembaddens.

Nou wag ons geduldig tot Donderdag vir die "council" om die heining inspeksie te kom doen, en as dit positief is, kan die swembad se finale afronding gedoen word.  Hou duim vas ........


2 comments:

Mariette. said...

Dit lyk al baie mooi, en lyk my dit gaan betyds klaar wees vir die somer, ek is seker daardie 2 seuns kan nie meer wag om die swembad in tewy nie. ...

Ons hou saam julle duime vas!!

Groetetjies vir die week. of tewel naweek wat voor le.

Ani said...

Dankie, die einde is in sig!! Ek wys binnekort hoe dit lyk na die naweek!

Lekker rus!!

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts