Tuesday, 10 August 2010

Die swembad se inwyding .. in die middel van die winter!!

Vandag het ons uiteindelik begin om ons swembad vol water te maak.   Na 'n lang 4 1/2 maande, is die einde uiteindelik in sig.  Dankie tog dit was winter, anders sou ons nie saam met die gemors kon saamleef nie! 

Hier is 'n foto van die eindproduk.  Die "marbling" is Donderdag gedoen, en Vrydag oggend het iemand gekom om dit 'n "acid wash" te gee.  Dit het net so uur gevat, en uiteindelik kon ons die water begin inloop.  Groot was die opgewondenheid.  En natuurlik het ek kort-kort gaan kyk hoe dit vorder, net om te sien dat daar nie veel water inloop in 'n uur se tyd nie.


Na skool het 'n baie opgewonde seunskind sommer van sy fiets afgespring, sy tas by die heining neergegooi, en sommer net daar ge"strip", tot in sy "boxer".  En braaf die water ingestap, tot in die diep kant.  En dis die middel van die winter!!!  Gelukkig is dit nie 'n baie koue winter hier by ons nie.

Leon moes ewe braaf 2 keer in die nag opstaan om die water "level" te "check", en Saterdag oggend 5:30 kon hy die kraan toedraai.  'n Volle 18 1/2 uur gevat om die "bad" vol te maak.  En ons kan nou pryk met pragtige groen water.

Nou wag ons tot die swembad mense dit chemikalie kom ingooi, en ons in die skemer na die blou water kan staar.  Wat 'n "journey" was dit nie die afgelope paar maande nie!!!

Ek wys volgende keer die finale fotos, sodra ons al die "trimmings" om die swembad area voltooi het.  Hou hierdie spasie dop!!!

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts