Saturday, 25 December 2010

Kersfees

Ons het vanjaar ons 3de Kersfees gevier in Australie.  Ons eerste Kersfees was kort na ons aankoms in Australie, en ons was nog baie onkundig en het maar gevoel-voel aan ons nuwe lewe in 'n vreemde land.  Dit was ongelooflik warm, en ek het nie geweet dat mens so warm kan kry nie!!  Wonderlike vriende wat ons by die kerk ontmoet het, het ons genooi om saam met hulle familie Oukersaand deur te bring.  Kyk net hoe opgewonde is die kinders om Kersvader te sien, en hoe klein is hulle nog hier.




Ons 2de Kersfees was 'n ervaring, al kampend in die reen in New South Wales saam met 'n groep vriende.  Dis 'n Kersfees wat ons nie sommer sal vergeet nie, koud en klam, en baie nat, weggekruip onder 'n "tarp" in die reen.  Manlief het gesorg vir die "entertainment" in die nat weer ....



Ons 3de Kersfees is pas verby, en ons voel nie meer asof ons net besoekers is in 'n vreemde land nie.  Hierdie land is nou ons s'n, en dis waar ons en ons kinders gelukkig is.  Hierdie Kersfees was nat, bewolk en baie warm, die humiditeit was op sy beste, en ons het die hele dag onder waaiers gesit, geeet, en goeie geselskap gehad.  Hier is fotos van ons gesin wat ek Oukersaand geneem het toe kersvader geskenke gebring het.





'n Baie Geseende Kersfees aan julle almal, ek hoop dat julle hierdie Christusfees saam met ons geniet het.

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts