Tuesday, 16 November 2010

'n Naweek om te onthou

Ons het besluit om die naweek saam met die kerk se mense weg te breek.  Ons het 'n huisie bespreek by die "Forest Glen Resort", een van die "Big 4" kampeerplekke in Australie.

Ons was baie beindruk met die mooi plek, veral omdat dit so skoon en netjies was.  Ons vorige ondervinding van 'n "Big 4" kampeerplek was nogal skrikwekkend, en ons was baie bly dat dit hierdie keer 'n fees was om daar te bly.


Ek is gewoonlik die fotograaf, maar 'n vriendin het hierdie foto geneem terwyl ek besig was om putt-putt te speel.

Leon besig om Saterdag se ontbyt aanmekaar te slaan.

 Saam met ons Afrikaanse vriende


 Ek dink die ouers het die "jumping pillow" meer geniet as die kinders




Die manne speel tennis


 Die naweek se bymekaarkom plek.  Ons het dit die "tree of wisdom" gedoop

 Braai 'n vleisie na 'n besige dag.  Die manne moes "improvise" om die vleis gaar te kry.


Die kinders is moeg gespeel, en raak rustig voor die vure.

1 comment:

Mariette. said...

Hey jy.
Dit lyk na 'n lekker naweek uit. Mens kan sien julle het dit geniet, Dit is lekker om soms sommer net so saam die kids dinge te doen en sommer saam hul kan kind wees.

Lekker week vir jou .
groetetjies.

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts