Monday, 27 September 2010

2 Jaar in Oz - wat 'n ongelooflike ervaring!


Wow!!!!

2 Jaar in Australie!!!  Hoe onwerklik voel dit nie nog soms om te dink ons is regtig, egtig in hierdie pragtige land nie. 

Maklik was dit nie altyd nie, en daar is steeds, en sal altyd dae wees wanneer mens wonder waar jy die "guts" vandaan gekry het om so 'n groot lewensreis aan te pak. 

Was dit die moeite werd?

Ja, en nogmaals ja!! 

Wat ek die meeste waardeer van Australie en ons nuwe lewe:

1.  Vryheid
2.  Veiligheid
3.  'n Goeie nagrus
4.  Dinge wat werk .... Medicare waar jy instap en 5 minute later uitstap met jou tydelike kaart in die hand!
5.  Geen visuele besoedeling op die paaie nie, net bome en natuur waar jy kyk
6.  Innerlike vrede en kalmte
7.  1000'e nuwe plekke wat ons nog kan besoek
8.  Wette word toegepas
9.  Nuwe vriende wat jou familie word

en laaste, en die heel belangrikste ...

10.  Die geluk en sorgvryheid van ons kinders




No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts