Emigrasie is nie vir sissies nie!!! Hierdie woorde word baie gehoor! En dit het niks te doen met spierkrag nie ... nee, dit het alles te doen met jou innerlike krag. Want daarvan het jy tonne nodig om van emigrasie 'n sukses te maak. As jou kop nie reg is nie, gaan niks vir jou uitwerk nie. En moeilik is dit beslis. Jy neem afskeid van 'n hele lewe, van alles en almal wat vir jou lief en dierbaar is, en jy sit voet aan wal in 'n vreemde land, waar jy niks en niemand ken nie. (Gelukkig vir die mense wat familie en vriende het in ozzie wat jou nie soos 'n vreemdeling in Palestina laat voel nie.)
Jy is niks en niemand wanneer jy hier voet aan wal sit, en dis net jy, jouself en jyself wat vir jou en jou gesin 'n nuwe lewe moet uittrap en 'n sukses moet maak van 'n nuwe begin.
Nog een van die groot dinge om aan gewoond te raak, is dat jy hier ALLES self moet doen, tensy jy natuurlik baie ryk is en 'n "handy man" kan betaal om al jou werkies in en om die huis te doen. Jy kan natuurlik ook 'n "cleaning service" huur, teen $50 per uur! Hier is ook "garden services", maar dit kos ook ongeveer $50 per uur. Hier is dit waar die spierkrag in die storie kom!!!
Gelukkig het ek nooit in SA die "luxury" gehad van 'n voltydse huishulp nie, maar wat ou Rose 2 maal 'n week gedoen het, het baie gehelp. Ok maar meestal half gewerk, maar vir my was dit 'n groot hulp! Ek het self al my wasgoed gewas, maar sy het darem die strykwerk gedoen. Ou Alfred het die tuinwerk gedoen, en gras gesny en bossies uitgetrek 1 maal 'n week. 'n Groot hulp vir Leon!
Nou, na 2 jaar is ek gewoond aan die huiswerk, (nie dat ek daarvan hou nie!!!) en ek span die kinders in om te help. Hier is ek niemand se "mate" nie!!
Ons nagmerrie toe ons ons huis gekoop het, 'n jaar gelede, was die kant van die huis waar niemand ooit kom nie. Vuilgoed het bo-op die klippe gegroei, oral was plante wat probeer oorleef het in die warm Brissie weer, en van dag een af was dit op ons lys van dinge wat gedoen moet word. Nadat ons 'n paar slangvelle onder die bosse opgetel het, het ons haastig begin skoonmaak.
Hieronder is 'n foto van die kant van die huis, waar ons alreeds die gemors skoongemaak het.
Ons het 'n paar opsies oorweeg om hierdie probleem op te los .....
$5 000 om 'n sementblad te gooi .....
of ons spaar hope geld en doen maar weer die eenvoudige opsie ......klippe .... wat ons op die ou end net $300 gekos het.
Nou het die groot werk gewag .... 'n nuwe "weedmat" moes ingesit word, en bo-op moet 'n nuwe laag klippe gegooi word, sodat die bossies kan ophou groei, en ons nie meer in die aakligheid hoef vas te kyk nie.
Hierdie naweek was dit sulke tyd! Dis harde, rug-breek werk, en ek en Leon het dit man- en vrou-alleen gedoen. Ons het 1 vrag grond ingery om die plek op te vul, en 4 vragte klippe!! 2.5 ton klippe altesaam. Leon het die klippe graaf vir graaf opgeskep en van die "trailer" af op die kruiwa gegooi en ingery. Ek moes die hope klippe met 'n hark plat kry.
25 Meter se "weedmat" word platgele en in die grond ingekap, ter voorbereiding van die klippe wat moet ingery word.
Die area tussen die "shed" en die nuwe swembad heining moet ook klippe kry!!
.... en die eindresultaat voor die "shed".....
die area tussen die huis en die heining .... uiteindelik is die werk afgehandel ......
Nou moet ek net ontslae raak van hierdie spierpyne wat my in die nag wakker maak as ek van posissie wil verander!!!
Ai, die ouderdom is 'n lelike ding!!!
hahah
2 comments:
Jollie ek kan sien dat dit baie harde werk was. Maar dit lyk pragtig! Ek is mal oor julle klip idee,- baie prakties, en mens sal somme gou 'n slang sien as hy sy kop uitsteek.
Dit lyk baie mooi julle.
lekker week vir julle
groete.
Hi, baie dankie. Hoop julle week is vol sonskyn en geluk!!! Geniet jul interessante land!!
Post a Comment