Friday, 27 August 2010

Robotte in Ozzieland

Ons jongste, Waldo, is amper 12, en 'n groot Lego aanhanger.  Hy ontwerp motors, bote, "army" voertuie, die "amazingste" vliegtuie.  Noem dit op en hy bou dit.  Vandag hy 'n kleuter was, het hy altyd gese hy gaan eendag robotte bou.

Een van die eerste dinge wat ek nagevors het toe ons Australie toe wou kom, was skole.  En groot was my verbasing dat die skole "Robotics" aanbied.  (Die skool is van Prep tot gr. 12)  Omdat hy nog nie in die hoerskool is nie, en dit as 'n vak kan neem nie, het hy by die skool se "Robotics club" aangesluit, wat vir kinders van gr. 4 af is.  Hy het verlede jaar daarmee begin, en was in ekstase.  Hierdie jaar doen hy dit weer, en hy is ook gekies vir die skool se "reach program", waar hy dit 1x per week neem as skoolvak.

Ons was Saterdag heeldag by Waldo-hulle se Robotics State Finals, by die "University of QLD".   Daar het 48 spanne deelgeneem en Wado-hulle se span was 8ste. Daar  is 3 Afrikaanse seuns in hulle span, en 1 ozzie.  Dit was baie snaaks toe ons by die "venue" aankom en die 3 seuns in Afrikaans vir mekaar vra by watter tafel hul moet sit, en die ozzie hulle met so ‘n dowwe uitdrukking aankyk. Hy het gevoel soos ‘n vreemdeling in sy eie land.  Gewoonlik praat die seuns Engels, maar ek dink hul was so opgewonde en het nie op die taal gekonsentreer nie.  As jy opgewonde of bang is, dan is jou Moedertaal die taal van die hart!


Daar was 4 verskillende “tracks” wat die robot moes doen, en hy moet die blikkie uit die blok uit stoot, om suksesvol te wees.  Na elke "track" moet die robot weer geprogrammeer word vir die volgende "track".  Ons is so trots op die seuns.  Hul span, die "RoboWarriors" het 89% gekry. Hul was 8ste gewees.  Daar is 6 hoërskool spanne, en net 2 laerskool spanne in die finale 8.   Ons dink dis ‘n groot prestasie vir ons seuns. 

Nou moet hulle in Canberra gaan deelneem, en ons hou duim vas dat hul net so goed daar sal doen.

Australie is sowaar 'n land met baie geleenthede!

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts