Al hierdie fotos is van die nuus "websites".
My hart gaan uit na hierdie mense van Towoomba. Jy kan hier na die video kyk van die vloede:
In my 42 jaar het ek al baie reen, storms en donderweer beleef, maar nog nooit het ek soveel reen gesien en ervaar soos wat ons die afgelope maand in QLD ervaar het nie. En die laaste 3 dae is definitief "extremes" wat ek nooit sal vergeet nie.
Dit is onmoontlik om te beskryf hoe emosioneel hierdie vloede ons raak. Ons was vir 'n week met vakansie, slegs 'n uur se ry van ons huis af. Die hoeveelheid reen was ongelooflik, en ons het Sondag besluit om op te pak en 'n dag vroeer huis toe te kom. Ons het deur Malaney gery waar dit 50mm per uur gereen het. Op die Bruce Highway het niemand vinniger as 60 km/h gery nie, so het die water afgekom. Scary!!! Ons het oor 'n brug by Caboolture gery, en die water het geraak-raak aan die snelweg. Ons was skaars by die huis, toe vriende ons bel en se dat die snelweg by Caboolture pas gesluit is. Dankie tog ons is veilig by die huis!!
Maar steeds ou die reen nie op nie. Dit val aanmekaar, en gister het Toowoomba 'n verskriklike vloed gehad. 8 Mense is dood en oral is dorpies besig om te ontruim. Dit kom al nader aan ons!
Leon het vanoggend begin werk na sy vakansie, en hy is op hierdie oomblik in 'n taxi op pad huis toe. 2 van die dorpies waardeur sy trein moet ry, is op hierdie oomblik besig om te ontruim. Ek bid dat hy veilig by die huis sal kom.
Bid saam met ons vir die mense van QLD wat alles verloor het, en vir almal wat geraak word deur hierdie natuurramp.
No comments:
Post a Comment