Die natuur speel weer woer-woer met die wereld, en met mense lewens.
Na al die rampe wat Australie getref het, was vandag 'n dag wat altyd in NZ se geskiedenis onthou sal word. Daar is alreeds 65 mense dood in 'n aardbewing in Christchurch, en 200 mense vermis. Ons bid dat die vermiste mense lewendig gevind sal word!
Hierdie katedraal is in 1904 voltooi, en is een van NZ se bekende bakens
(Fotos van Nine MSN se website)
3 comments:
Ai dit is vreeslik hierdie natuur rampe. Ja ons kan maar net bid vir hulle. Ons het famielie en vriende daar maar behalwe vir die groot skade in hul huis, is hulle fine.
Ai man. Hoe lyk dinge daar by julle. Hoor van die plekke is al mooi herstel van al die skade...
Lekker naweek vir julle.
Groetetjies
Mariette
Hi Mariette, ek is baie bly jul vriende en familie is veilig. Dis 'n groot genade!!
Hier in Brissie is die herstelwerk al goed aan die gang, en die Citicat's loop weer, alhoewel al die "walkways" nog nie herstel is nie. Die groot konstruksies sal nog lank neem, maar die stad is aan die gang en die lewe gaan weer voort!
Lekker naweek!
Dis regtig tragies, M.
Ek was daar gewees in 2006 en dit was een van die mooiste dorpies wat ek nog ooit in was. Alles is so rustig daar. Ek kan nie myself indink hoe die hele dink hulle moes tref nie.
Post a Comment