Tuesday, 22 March 2011

Vandag vier ons 2 1/2 jaar in Australie!!

Ons het vandag maar begin soos alle ander dae, opgestaan, ontbyt geeet, kinders wakker gemaak vir skool, kinders afgesien by die deur en in my karretjie geklim en werk toe gegaan.

En vanaand, toe ek bietjie op die net rondsurf, sien ek toevallig op my blog dat ons vandag 2 1/2 jaar in Australie is.  Amazing!!!!!

Die eerste paar maande, beslis die eerste 2 jaar, het ek elke maand die datum dopgehou, en vir almal wat wou luister, vertel hoe lank ons nou al hier is.  En vanaand besef ek dat ek dit nie meer doen nie.  Ek meet nie meer ons lewe in maande "uit Suid-Afrika" en "in Asutralie" nie.  Hierdie is ons lewe!!

Miskien het dit ook iets te doen met die feit dat ek nou uiteindelik in Ozland, wat my beroep betref, bietjie vastigheid gekry het. 

Hier in Australie was dit vir my 'n lang pad om te kan onderwys gee.  Eers het die QLD se onderwysers kollege so 5 maande gevat om my kwalifikasies te "assess".  En hier stap jy nie sommer op dag in in 'n onderwyspos in nie, nee, dit gebeur net as jy op die regte tyd op die regte plek is, en ek was beslis nie op die regte plek die dag toe ek my nommer kry wat se ek is nou aanvaar as onderwyser in QLD nie!!

Ek het die lang pad begin loop om "relief" te doen.  Vir party is dit soos manna uit die hemel, want die betaling vir 'n dag se werk met onbekende kinders, is fantasties.  Maar daarmee saam is die kinders se houding van "wie dink jy is jy om vir ons te se wat om te doen?"  Glo my, hierdie was nie 'n maklike paadjie vir my nie.  Meeste dae was dit vir my pure hel, en ek het dit ernstig oorweeg om maar die onderwys vaarwel te roep.  Op my ouderdom is ek nie nie meer lus vir kinders se strooi nie!!!

Ek het begin as 'n "teacher aide" by 'n skool se "special ed unit", sodat ek kon leer hoe werk die ozzies se  skoolstelsel.  So het ek vir 3 maande gewerk, en besluit dat as ek wel eendag 'n pos kry in Oz, dit asseblief in "special ed" moet wees, want ek het nog altyd 'n passie gehad vir "children with dissabilities" soos dit hier genoem word.

So het my beroep weer stadig op die been gekom, maar dit het 2 jaar se "relief" gevat voordat ek uiteindelik 'n kontrak gekry het vir langer as 5 weke.  Ek het verlede week begin werk by 'n skool se "special ed unit", waar ek werk met kinders wat ASD (autistic spectrum disorder) het. My kontrak is geteken tot die skool sluit vir die Julie vakansie.  Dit is 'n splinternuwe pos wat die departement aan die skool toegewys het, so die kans is groot dat ek daar kan werk tot die einde van die jaar.  En moontlik in die jare daarna as die skool se getalle my pos regverdig.

My hele gesin het lankal ge"settle" in ons nuwe lewe.  Aangepas in 'n nuwe skool, Leon is gesettle in sy werk, maar ....... my beroepslewe het die hele tyd in die lug gehang!  Dit het gevoel of ek nerens 'n holte vir my voet kan kry nie.  Al ons vriende werk, is standvastig en het al die nuwe ozzie werksetiek aangeleer, terwyl ek elke oggend wag vir 'n oproep om vir my te se by watter skool ek die dag moet gaan werk.  Ek het rondgehang in 'n doolhof van verskillende skole, en dit het gevoel of ek elke dag by 'n nuwe werksplek instap.  Ek is baie dankbaar dat ek nou in die oggend as my oe oopgaan, weet waarheen ek gaan.  Ek gaan dieselfde gesigte kan sien, en ek kan die kinders se name leer ken.  Na 2 dae saam met my registerklas, ken ek hulle almal se name!!  Wat 'n fees!

Uiteindelik voel dit weer vir my asof ek iewers hoort, asof ek iewers 'n verskil kan maak. 

Ek stap vanmiddag uit my eerste vergadering, en ek voel asof ek nie weet waaroor hulle driekwart van die tyd gepraat het nie.  Ek voel soos 'n verkleurmannetjie in 'n smartie boks!  Ek weet die helfte van die tyd nie waarvan hulle praat nie!!!  My leerskool het so pas begin!!

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts