Ons en goeie vriende het baie dag uitstappies beplan vir die Kersvakansie. Ongelukkig is ons planne gedwarsboom deur ongelooflik baie reen, en vloede wat Brisbane getref het. Ons het besluit om ons planne uit te stel, en te wag vir die Paasnaweek om 'n paar plekke te besoek.
Ons oggend het al half 7 vanoggend begin, en ons was op pad berge toe, sodat die manne met hul 4x4's kon gaan speel in die berge en 'creeks'. Ons oggend het met sonskyn begin toe ons weg is by die huis, en in die berge het ons die mis raakgery.
Ongelooflik mooi .... die wolke wat oor die berge le ... en ons het die voorreg gehad om dit van bo te kon sien.
Ons eerste stop was Booloumba Creek
... kyk die skoon, blou water .....
... hier het die manne die speelgoed so bietjie laat "swem"!!
Ons was honger, en hier het ons ontbyt geniet
Ons het weer die pad aangedurf, op soek na watervalle, en het toevallig op hierdie plekkie afgekom ...
Ons het pragtige watervalletjies ontdek, en moes baie ver loop, honderde trappe af teen die berg. Maar dit was beslis die moeite werd ....
Ons 1ste waterval in Ozland.
Ons het al voorheen op wandelpaaie gestap op soek na watervalle, en dit net nooit gevind nie .... gehoor ja, maar geloop en nooit daar uitgekom nie. Vandag was ons gelukkig!!
No comments:
Post a Comment