Ons het besluit om die vakansie ten volle te benut, en vir die dag uit te ry na Byron se baai. Dit is in New South Wales, en so 2 ure se ry van ons af. Ons was al voorheen daar gewees, maar dit het so baie gereen, ons kon nie eers uit die kar uit klim om die mooi "scenery" te geniet nie. Hierdie keer was dit 'n wolklose, helder, koue wintersdag, en ons kon die bekende ligtoring besoek en bekyk van alles kante.
Nog nooit het ek die see so blou, en so groot gesien nie. Nou verstaan ek wat bedoel word met die woorde" the vast expanse of the ocean".
Ons het by die see gaan piekniek hou, maar byna weggewaai, en gevries in die koue. Maar dit was alles die moeite werd gewees om buite by die see piekniek te hou. Gelukkig het ek onthou om die fles met koffie in te pak!!
Die manne het 'n goeie eetlus, ten spyte van die koue!
Ek besef skielik dat die 2 manne my verbygroei, die een al langer as ek, die ander een baie trots dat hy my inhaal!!
Die mees oostelike punt van die Australie
Pa en die 2 manne. Nog baie groei om pa in te haal!!
Wat 'n pragtige plek om te besef hoe mooi die natuur is!!










No comments:
Post a Comment