Daar heers groot opwinding in die Fushies se huishouding!!! (Fushies?? ja, dis hoe die ozzies ons van verkrag, en om nie te praat van my eie naam nie!!) Maar dis 'n ander storie, vandag is ons opgewonde omdat my enigste broer van SA kom kuier. Hy is 'n "bachelor", met geen kind of kraai nie.
Martin land die 9de September, en ons het vandag die kamer leeggemaak vir sy kuier, sodat hy darem 'n plekkie het wat hy sy eie kan noem vir die 4 weke wat hy by ons in Ozland gaan kuier. Oor 2 weke is hy hier, en die kinders tel die slapies af. (Moet vir niemand vertel dat ek ook die slapies aftel nie!!!)
Ons het hom 3 jaar laas gesien, en ek dink hy gaan geskok wees as hy die 2 seuns sien. Toe ons weg is uit SA, was die oudste 13, en die jongste het pas sy 10de verjaarsdag gevier. Nog sommer kinners gewees!!
Hierdie foto van Martin en die 2 seuns is geneem 10 dae voor ons vertrek uit SA. Sommer nog seunsgesiggies. Maar 2 jaar, 11 maande en 18 dae het verloop vandat Martin hulle laas gesien het, en as hy deur die deure stap by die lughawe, wil ek hom afneem as die seuns op hom afgestap kom. (as ek nie te hard huil nie!!) Hulle het gerek!!!! 1 is al langer is ek, die ander een kort so 3 cm dan het hy my ingehaal. Die gesiggies is nie meer glad nie, die skeermes is al lankal die tiener se maat, die jongste het pas sy eerste skeermes gekry!! (ai tog, hoe gou word hul groot, en ek word oud!!!!) En om nie van die oudste se nuwe, eg Ozzie haarstyl te praat nie. Lang hare is mos die inding!!
Hou hierdie spasie dop. As ek daardie foto op die lughawe geneem kry, sal ek dit opsit om te wys wie die meeste verstom is.
Nog net 13 slapies!!
Our Family made the "groot trek" to a new country. This is our new life ....
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 Day lockdown
We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm. Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...
Popular Posts
-
We love the Sunshine Coast. Beautiful beaches, amazing views and there is always a buzzzzz! This is as close to paradise as you can get. ...
-
My broer, Martin, het vir my 'n e-mail gestuur met fotos van hoe die paaie om die OR Tambo lughawe lyk, versier met vlae. Dit lyk beslis...

2 comments:
Ai uiteindelik yeee :-)
Ek sukkel al 'n rukkie,om te comment.
Ek is so bly vir julle wat 'n kuier gas kry, want mens raak goed uitgehonger as mens jou geliefdes nie meer so gereeld sien nie, en skype en telefoon oproepe doen ook nie altyd die ding nie.
Jul slaapies is al heel minder so ek glo jul opgewondenheid is lekker groot.
Ek kyk uit vir daardie lughawe kiekkie.
Lekker daggie.
Mariette.
Hi Mariette, ek is so bly om jou weer hier te sien. Weet nie hoekom jy so gesukkel het om te comment nie, ek het met die settings gaan speel, en moes iets reg gedoen het. haha
Nog net 6 slapies, so ons tel dit af! Lekker week vir julle!!
Post a Comment