Friday, 16 December 2011

Ouboet se kuier (nog fotos)

Ek weet ....... ek weet, ek het nog fotos belowe, en vir 2 maande het my blog stilgestaan.  Dis wat gebeur wanneer jy voltyds werk, en jy nie tyd kry om jouself te draai nie.  Maar nou is dit uiteindelik vakansie, en ek sit nog ‘n paar fotos op van Ouboet se kuier.

Hier is 'n foto van die 2 seuns saam met hul Oom by Montville.  Dit is een van ons gunsteling plekke, en ons ry sommer deur Montville toe op 'n Sondag na kerk vir 'n lekker ontbyt.  Die uitsig is asemrowend.


Hier is Ouboet besig om die kangaroo's te voer by Alma Park Zoo, 'n klipgooi van ons huis af. Hy was absoluut bal oor die ozzie diere, en hy sou nie omgegee het om elke dag so 'n uitstappie te he nie.  Kyk net die tevrede glimlag!!


Hier is Ouboet op Mt Coot-tha, nog een van Brisbane se gewilde toeriste aantreklikhede.  Op die agtergrond is Brisbane stad.  'n Fantastiese, sonnige dag vir mooi fotos.



Nog 'n pragtige plek vir toeriste, is die Lone Pine Koala Sanctuary.  Hier kan jy van naby die koalas besigtig, die kangaroo's voer, en al die vreemde diere van Oz van naby bekyk.  'n Gunsteling vir alle besoekers.  En die hoogtepunt is 'n foto saam met 'n koala.





Ouboet was by ons vir 4 weke, en die hoogtepunt van sy kuier was die week wat ons op Frasier Island deurgebring het.  'n Fantasties eiland waar jy na aan die natuur lewe.  Dankie Ouboet, ons het jou kuier geniet!!!


Sonsopkoms op Frasier Island ....


No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts