Monday, 21 May 2012

More begin ek werk!!!!

Ek het voorheen vertel van my werk as "relief teacher" en die frustrasie omdat ek na 3 jaar nog geen permanensie in my werk het nie.  Wel .... uiteindelik kan ek die goeie nuus met julle deel!! :-)

Ek stuur jaarliks my CV na verskillende skole in die omgewing, en veral die Christelike Privaatskole.  Gewoonlik kry ek net 'n kort antwoort terug dat my CV ontvang is, dat daar nie nou poste beskikbaar is nie, en dat my CV op leer gehou word ......... Dit is nou as die skool die moeite doen om ontvangs te erken.  Hierdie jaar het ek seker so 15 CV's uitgestuur, en slegs van 1 skool 'n "dankie" e-mail gekry.

2 Weke gelede kry ek uit die bloute 'n oproep van die Privaatskool, en hul nooi my vir 'n onderhoud ... sommer dieselfde dag.  Dankie tog, toe het ek nie juis tyd om te stres nie!!!! Daar aangekom vra hul my toe hoekom ek juis vir hul my CV gestuur het, en ek verduidelik toe hoekom ek my CV uitstuur, en ook hoekom ek dit na die Christelike Privaatskole toe stuur.  Die hoof vra my toe of ek geweet het dat hul besig is met "restructuring" van die "Learning support" afdeling, en ek kon toe eerlikwaar se  dat ek niks daarvan geweet het nie.  Ek het op die regte tyd my CV na die regte skool gestuur.  Hoe "awesome" werk die Here nie in my lewe nie!!!!!!

Ek is die eerste onderwyser wat nou aangestel word in die nuwe bedeling, en ek begin more werk.  Fantasties!!  En natuurlik vrek benoud, want by die Privaatskole werk alles anders, en ek gaan van voor af moet leer.  Maar ek sien dit as 'n uidaging.  Die privaatskole het baie minder "resources", en ek sal hieraan moet gewoond raak.  Hulle doen nog die registers op papier, nie elektronies soos ek gewoond was in die staatskole nie, maar dit is maar iets klein.  Ek kan aan al hierdie nuwe dinge gewoond raak. 


No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts