Monday, 18 June 2012

Movie World aan die Goue Kus

Ons is al amper 4 jaar in Australie, en het nog nie een van die Pretparke in die Gold Coast besoek nie.  Dis baie, baie duur!!  Maar ons was gelukkig om kaartjies by vriende te kry, en ons kon teen halfprys enige van die parke besoek.  Ons het besluit op Movie World, want in die koue kan mens nie die waterparke besoek nie.  


Die kinders het besluit om ons eerste na die Scooby Doo "ride" toe te vat.  Ek het die "spookhuis" so bekyk, en geweet dat niks wat uit die dak uit spring my gaan bang maak nie.  Het ek maar geweet ... niks spring uit die dak uit nie .... maar toe die karretjie begin in die lug inskiet met 'n "hysbak", gaan stilstaan en agteruit loop teen 'n hengse spoed, toe weet ek ... hier kom 'n ding .....  En daar begin die wilde, woeste rit om draaie, teen afdraandes en ek weet nie watse goed ons alles deur is nie, want dis pikdonker daar binne!!  Jy sien niks wat kom nie, dit tref jou net as jy daarin is ......Hel, wat 'n rit was dit nie gewees nie!  Toe ek uit daardie karretjie klim toe lag ek my byna dood ..... seker die adrenalien wat sy laaste styfskop gee!!!

  Ons kon rustig Batman se "mobiles" bekyk

 "Catwoman" was ook daar, maar my manne wou nie saam met haar gaan "pose" nie, en ek het nie gedink ek sal goed lyk op 'n foto saam met haar nie .....

 Harry Potter se winkeltjie .... vol allerhande goete vir die aanhangers.


Die "batmobile" wat in die laaste fliek gebruik is ....  nogal 'n lank gedoente op wiele .....

Die wille "Batwing Spaceshot" waarop die kinders wou gaan.  Hy skiet jou in die lug in teen 'n hengse spoed, en dan val hy teen 'n spoed terug grond toe .... die kinders het na die tyd gese as die ding so afkom, dan lig jou boude van die "seat" af, en jy "freefall".  Ek vat hulle woord daarvoor!!! Jy kry my nie op daardie ding nie ... Aan die einde van die dag het die kinders gese dit was die ergste "ride" gewees!!



 Ons het nie hierdie "Wild West Falls ride" gedoen nie, want jy kom papnat anderkant uit.  Maar dis 'n hengse val en in die koue weer wou ons beslis nie nat wees nie!!!  (Ok maar lekke bang!!!)

 Die Hero's van die dag!!
 "Batman" se boot, nog 'n wilde, lang gevaarte!!


Hierdie "ride" kon ons nie afneem nie, maar ek het gestres net om daarna te kyk.  Die kinders moes 'n uur in die ry wag om te kon opklim, en hulle het maar lekker gebewe toe hulle daar afklim.  Hulle het 3 keer in die rondte geswaai, en die gille was oorverdowend gewees!!!
 
Foto hierbo van:   http://www.themeparkreview.com

Ai, dit was lekker!!!  Jammer ons het so lank gewag voor ons dit kon doen!!


No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts