11 Janurie 2011 sal altyd onthou word as die jaar toe Brisbane oorstroom het. Ons het almal vasgenael gesit voor die TV, en op die nuus gekyk hoe Brisbane stadig maar seker deur water ingeneem word. Vir 3 dae het ons gesit en kyk hoe die water oorneem!!
Na 2011 het almal gese dat dit 'n "once in a lifetime experience" was, en dat dit beslis nooit weer gaan gebeur nie.
Hierdie jaar het ons gesien dat sikloon Oswald stadig Australie binnenglip van die Noorde, en af beweeg aan die Oostekant van Australie. Ons was in die pad van die sikloon, maar ek kan met 'n dankbare hart se dat ons weereens die volle impak van die tropiese sikloon gespaar is. Noord in QLD kry die mense swaar, en in Rockhampton se die mense die vloed is erger as die een van 2011. Ons was 'n maand gelede in Rocky, en kon nie glo hoe droog dit was nie. Nou kyk ons na die nuusberigte en herken al die lee "creeks" waaroor ons gery het, en kan dit skaars herken, want al die brue is toe onder water. Bundaberg en Gympie is onder water, en soveel mense het weereens alles verloor.
Brisbane rivier is alweer besig om oor sy walle te kruip, en vanaand 6 uur sal dit sy piek bereik, wat beteken baie besighede en huise is weer onder water. Ongelooflik om te dink die trauma wat die mense weer moet deurmaak. Vriende van ons in Goodna het in 2011 alles verloor, en hul het sopas weer hul huis ontruim. Teen 6 uur is hul huis weer onder water ..... hoeveel angs en trauma moet hul nie weereens deurmaak nie.
Hier is 'n foto van die Brisbane rivier wat deur die stad loop, en dis geneem voor Leon se gebou waar hy werk.
Gister het 'n sikloniese wind gewaai, tesame met die aanhoudende reen, en die geraas van die wind het almal in Brisbane die afgelope 24 uur in hul huise vasgekluister, en die geraas het ons almal verhoed om te slaap. Wanneer jy in die nag hoor hoed die vensters kraak van die geweldige wind wat waai, le jy in jou bed en wag vir die ergste. Gelukkig weet ons dat ons voor in die huis en agter moet vensters ooplos, dan bou daar nie drukking op in die huis nie.
Hier is 'n foto van Redcliff "jetty", ongeveer 15 km van ons huis af:
2013 het weereens nie goed begin vir baie mense in QLD nie, en die storm is op hierdie stadium in New South Wales, en Sydney is nou in die spervuur.

No comments:
Post a Comment