Friday, 11 January 2013

Ons oudste word 18

2 Jaar gelede, in 2011, met ons oudste seunskind se 16de verjaarsdag, was ons vasgekeer in ons huise, en het ons die TV dopgehou en gesien hoe Brisbane oorstroom, en duisende huise onder water was.  Nie juis 'n dag wat 'n 16-jarige wil onthou as sy verjaarsdag nie.

Verlede jaar, (2012), 3 maande voor sy 17de verjaarsdag, besluit die tandarts dat sy verstandtande moet uitgehaal word.  Ons beplan die storie mooi, sodat hy vroeg in Desember gaan vin die operasie, sodat hy weer sy "handsome" self is teen die tyd wat hy verjaar.  Natuurlik besluit die chirurg wat die operasie moet doen, dat sy vroeg met vakansie gaan, en sy kan nou eers die 9de Januarie die operasie doen, 2 dae voor sy verjaarsdag!!!  Ek bel die spreekkamer, dreig, pleit en huil en smeek op my knie dat hulle dit vroeer moet doen, maar hul kry my toe nie genoeg jammer nie!!  Wat 'n teleurstelling vir ons seunskind, nog 'n verjaarsdag om nie te wil onthou nie!!

Hierdie jaar is die groot 18, en ek en manlief besluit om iets spesiaal toe doen vir sy verjaarsdag.  Hierdie keer gaan hy nie weer teleurgesteld wees, of in pyn nie.  Hy wil glad nie 'n partytjie he nie, so ons moet toe baie mooi dink en beplan wat ons gaan doen vir hom.  En so kry ons die idee om hom en sy meisie vir die dag Sydney toe neem.

Ons het die verrassing baie goed geheim gehou, en eers die oggend op pad lughawe toe die 2 verliefdes en ons jongste ingelig dat ons gaan vlieg na ons bestemming toe.  Hier is 'n paar fotos van ons 18de se spesiale dag:


'n Vriendelik Aboriginal sanggroep:


 Ontbyt was heerlik ... met 'n uitsig op die "Sydney Harbour Bridge" en die "Opera House".


Op die ferry op pad na "Manley Beach", die kinders se gunsteling strand in Sydney.



Voor Manley "Beach"


Die hoogtepunt van die dag - 'n besoek aan die Madam Tussaud wasmuseum in Darling Harbour.  Hier ontmoet die manne Australie se "Prime Minister"


Een van my gunsteling plekke:


Kleinboet ontmoet ons "Prime Minister"


Al die belangrike mense:





Na 'n baie lang, besige dag, sit ons uitgeput by "Darling Harbour" om asem te skep.


"Social Networking .... need I say more????"


Ons wag vir ons vlug terug Brisbane toe


Nou moet ons net dink aan 'n idee vir Kleinboet se 18de verjaarsdag ... gelukkig is dit nog 3 1/2 jaar ver!!!

2 comments:

Rina ... also Chester or Daisysmum. said...

Baie geluk met jou oudste se 18dr, dis mos 'n baie groot dag hier in OZ. en watte geskenk, seker dit was een groot verrassing vir die kinders. Voorspoed vir 2013, mag dit beter eindig as wat dit begin het, Ons het reen nodig maar nie so baie nie xx

Ani said...

Dankie Rina vir jou mooi wensen! Ek stem, ons het die reen baie nodig, maar in klein maat sal beter wees!! Voorspoed ook vir jou!!

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts