Een van die redes waarom ons so goed aanpas in Ozland, is omdat die ozi's familievas is, en daarvan hou om tyd in die natuur deur te bring. Naweke is die strande en parke vol gesinne wat kinderpartytjies hou, saam met familie braai op die gratis BBQ's, en sommer net hardloop, draf, loop .... alles in die pragtige natuur. Somtyds moet ek myself knyp om seker te maak ek is in 'n ander land.
'n Baie groot liefde vir die ozi's is kamp. "Swags", tente, "camper trailers", "Pop-top" karavane en groot, ordentlike karavane, wat lyk soos mini huise. En natuurlik is Ozland bekend vir sy "grey nomads", al die oupas en oumas wat deur die land toer met hul karavane of "motorhomes". Dit is nog op my en Leon se "to do lis", eendag as ons ook grys is!
Ons gesin het NOOIT in ons ou Vaderland gekamp nie. Dit was nie vir my nie, maar aangekom in Ozland, en almal kamp, so manlief koop 'n tent en al die "gadgets", en ons gaan kamp. Ek is nie beindruk nie, soveel werk om alles op te slaan, en 'n dag en 'n half later moet alles weer afgeslaan word, want die naweek is verby. Heeltemal te veel werk vir 'n rustige naweek!!!!!
Ons besluit om af te toer Sydney toe saam met vriende, en ons besluit om "camper trailers" te huur. Dit slaan vinniger op (of so het ons gedink!!) Natuurlik tref ons toe die groot reen, en na 3 dae se nat, koue reen is kamp GLAD nie lekker nie. As die water onder deur jou tent spoel en alles nat is, en daar kort-kort nuusberigte is dat kampeerders in die kampe om ons begin "evacuate", dan moet jy weet daar is probleme. Boonop is die koue, nat weer 'n "trigger" vir my asma, en ek is dodelik siek, en ons knip ons vakansie kort sodat ek uit die koue, nat weer kan kom. Ek was vir 'n maand daarna nog steeds siek en op die hoeveelste kursus antibiotika, so dit was die einde van ons "camper trailer" gier gewees.
Genadiglik sterf die tent en kampeerding 'n stille dood, tot sowat 'n jaar gelede. Ek het altyd gese dat ek kans sien vir 'n karavaan, waar jy hoog en droog en onderdak kan slaap, en dis baie minder werk om jou kampplek op te slaan as 'n tent. So begin al ons kampeer vriende vir hul Jayco se "camper trailers" koop. 'n Opslaan karavaan soos ons hul in ons geboorteland geken het.
Hier is 'n foto van ons Jayco Swan, opgelsaan en reg om huis toe te gaan na 'n naweek by die see. Wat 'n ongelooflike uitsig, om sommer uit te kyk op die see wanneer jy wakker word in die oggend.
Opgeslaan met die volle annexe, sodat ons 'n heerlike leefvertrek het, wat ons droog hou in die reen. Het ek genoem dat ons al 3 keer gaan "caravan" het, en natuurlik het dit elke keer gereen!

Die tent wat nou in die kas wag vir 'n nuwe eienaar!!!

Ons volgende kamp is om die draai ... nou hou ons duimvas dat die reen sal ophou val, sodat ons die 4de keer 'n droe kamp kan geniet.

No comments:
Post a Comment