Die laaste week is daar heelwat donderstorms in ons
kontrei, en baie plekke is deur hael stukkend geslaan.
Gelukkig het ons net die wind, reen en donderweer
gekry, en vandag kon die "carpenters" begin om ons huis
in groen toe te draai.
Net na ons in Australie geland het, het ons verby
huise gery wat gebou word, en ons was baie geïnteresseerd
in die groen en blou huise wat orals verskyn. Ons ken mos
nie die bou metodes nie. Nou het ons al baie geleer,
en ons huis word nou mooi in groen toegedraai, met
isolasie aan die binnenkant van die mure. Die "carpenters"
het gister begin met die grond verdieping, en ook begin om
vensters in te sit.
Hier is die kombuis se buitenmuur, en die deur is die
een na die waskamer. Teen hierdie muur kom die
wasgoeddraad, en dis ook die spasie waar die karavaan
gaan staan.
Die vertrekke begin nou karakter kry met die vensters in.
Hier onder is die "media room". Ongelukkig ge"flood"
van al die reen omdat die dak outjies te stadig vorder. Ons
is bekommerd omdat die hout nat word, maar die
"project manager" se dis niks om oor bekommerd te wees
nie.
'n Foto van die kombuis vanaf die eetkamer se kant.
Hier onder is die eetkamer wat uitloop op die patio.
En hier is die kombuisvenster. Kyk net die ongelooflike
"view" wat ek gaan bekyk as ek skottelgoed was. Die
kombuis kyk ook uit op die patio. Natuurlik is die patio
se dak een van die dele wat nog voltooi moet word.






No comments:
Post a Comment