Tuesday, 19 November 2013

Nog foto's van vensters en deure

'n Foto van binne die waskamer. Die deur aan die 
linkerkant is nog nie in nie, maar dis die deur wat
vanaf die garage in die waskamer inkom.  Die deur 
met die glasvenster is om buite toe te gaan na waar 
die karavaan gaan staan.


Die studeerkamer se vensters


Die sitkamer se venster wat oorkant die studeerkamer
is.  Die opening regs is waar die garage is.



'n Kykie na die voordeur - hierdie is een van die dubbel
deure.  In die agtergrond is die studeerkamer.


'n Foto van die kombuis van buite af.
Links kom groot skuifdeure vanuit die eetkamer na die patio.


Ons huis in groen - kyk net die wolkenbank wat oor 
die huis hang.  Ons het hierdie foto so 10 minute na die
groot storm geneem.


Vandag is 'n heerlike, sonskyndag.  Hopelik word die 
dak vandag klaar gedoen, want more
word die "scaffolding" opgepak.  En Maandag is 
gereserveer vir die "brickies"om die bakstene om die 
grondvloer te kom bou.

Wanneer dit gedoen is, word die huis gesluit, en kan ons
nie meer vrylik in die huis rondloop nie.  Dan moet ons
'n afspraak maak met die "project manager" om saam met
ons deur die huis te stap.

Dit lye of ons huis gaan toe en geluit wees voor die bouers
Desember toemaak, so ons is baie tevreden daarmee.

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts