Saturday, 23 November 2013

Kragdrade, waterpype en 'n "view"

Dinsdag het julle gesien hoe die vensters en deure begin
ingebou word, en in vier dae het daar ongelooflik baie gebeur.

Die sub-kontrakteurs was hierdie week baie besig binne
in die huis. Die elektrisien het sy "magic" kom doen met die
kragdrade wat oraal ingesit moes word, en so ook  het
die loodgieter al die waterpype kom koppel en sy legkaart
onder die vloer van die boonste  verdieping gebou.

Een van die "luxuries" wat ons onsself mee bederf, is
die "vacu-maid", die ingeboude stofsuier.  Ons eerste huis
in Australie het dit ingehad, en ons het gese ons kan beslis
nie weer sonder dit klaarkom nie.  Jy druk net die
pyp in by die muur, en al die stof val in 'n groot  houwer
in die garage.  Geenswaar stofsuier om rond te sleep
en 'n kragdraad wat ook moet saam nie.

Die "aircon" sou ook ingaan, maar die installeerder het
gelukkig besef dat die eenheid te klein is, en het geweier
om dit in te sit.  Ons het dit opgraver na 'n groter eenheid.....
natuurlik met die $ wat daarmee saamgaan.  En dit
nadat Leon meer aseen keer vir die bouwer gevra
het of hy doodsere is dit is die regte grootte eenheid vir ons
huis.  En in die warm QLD is 'n  "ducted aircon" iets
waarsonder ons nie kan klaarkom nie.  Ons
oud-Gautengers is nie gewoond aan die ongelooflijke
hitte en  humiditeit wat daarmee saamgaan nie.  Ek onthou
dat ek die eerste  somer wat ons in Australie was, nie kon
verstaan hoekom ek gly op die teels nie, en na bietjie kopkrap,
besef het die teels is nat van die humiditeit.  Dis waar die
"aircon" jou uithelp, want dit droog jou huis uit,
en voorkom dat alles in jou huis muf ruik en verseker dat jy
oorleef in die hitte van die somer.

Hier is 'n paar foto's van die 3 dae se werk wat gedoen is.


Kragdrade oral te sien



















                                         Die wit pyp wat hier opgaan, is vir die "vacua-maid"















                                       

Nog kragdrade en 'n geel pyp vir gas















                                       
Die boonste vloer se waterpype

                                       

Hier is die opening vir die "laundry chute", wat vanaf die boonste linnenkas binne in die waskamer val.
















                                         
Vanaf die patio se kant gesien. Die leer wys waar die trappe nog gebou gaan word.



So 'n breek - nee, nie regtig nie .... ek kry nie die post reg ge-"edit" nie, dink hier is te veel fotos vandag. 


















Die uitsig vanaf ons balkon wat na regs uitkyk op die golfbaan.

                                         Die bad se kas

                                      Uitsig vanaf die balkon vanuit die hoofslaapkamer


Die "aircon" se draadwerk en pype

                                       

Bakstene is afgelaai, reg vir Maandag se bouwerk












No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts