Vandag was 'n interessante dag gewees. Die steenwerk het begin
en die "bricky" het gewys dat hy sy werk goed kan doen. Hierdie
stene word gepleister en geverf, en dit word "bag 'n paste" genoem.
Jy kan steeds die stene sien nadat dit gepleister is, en dit gee 'n
growwe voorkoms. Die "bricky" het so netjes gewerk, dit lyk
omtrent of hy sierstene bou.
Dag 1: Hier is die kant van die garage waar die steenwerk begin.
Aan die kombuis se kant
Voor aansig - dit begin nou na 'n huis lyk. Net jammer
van die toilet wat die "view" bederf!!
Dag 2: Goeie vordering gemaak
Die hope stene staan en wag ...
No comments:
Post a Comment