Saturday, 14 December 2013

"Cladding" en plafonne

Vandag het die "cladding" buite begin opgaan, en dit
was interessant om te sien wat 'n verskil dit aan die
huis maak.  Volgens die area waarin ons bly, skryf die 
"covenant" voor dat jou huis van verskillende materiale 
gemaak moet wees.  Ons huis is van "cladding", 'n "rendered"
vooraansig, en dan word die kante van die huis 
ge"bag and paint".  Dit beteken dat die buitemure geverf
word met 'n dun sementlaag, sodat die bakstene se vorm 
steeds uitstaan, en dit word dan net geverf.  Ons het ook gekies
om die voorste muur by die ingang met sierstene te bou.


Hierdie is ons oudste se slaapkamer, en ons was baie
tevrede met die eindproduk.  


Hier begin die werk aan die garage se dak sodat die 
plafon kan ingesit word.  Goeie, dik isolate!

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts