Hier is die kombuis venster wat uitkyk op die patio.
Die kant waar die karavaan gaan staan, met die
waterkraan en boks vir die "hot water system" wat
met gas werk. Hier is Oz is daar nie iets soos 'n geyser
nie. Die gas is fantasties, niemand hoef ooit 'n koue
stort te vat nie, daar is altyd warm water. Baie goedkoper
ook as krag.
Die patio se pilare is ook nou toegebou met stene.
Die voorste pilare word gebou, en die pilare vir die
boonste balkon word toe gebou. Voor regs is die hoop
sierstene.
No comments:
Post a Comment