Saturday, 30 November 2013

House Sold!!!

Die laaste 6 maande het dit woes gegaan in ons lewens.  So baie dinge het gebeur, is aan die gebeur en moet nog gebeur.

Julle almal weet dat ons vroeg in die jaar erf gekoop het, en intussen het ons uiteindelik begin bou.  Die grootste kopseer was die wete dat ons ons huis moet verkoop.  Ons het glad nie daarna uitgesien nie, want dit sou beteken dat ons 'n "open home" moet hou, en met ons 2 binne katte, sou dit baie beplanning beteken.  En om nie te praat van wat dit alles vooraf gaan nie.  Huis uitsorteer, inpak, weggooi en de"clutter" soos hulle dit noem.  Ons huis moes behoorlik soos 'n skouhuis lyk vir die foto sessie, en dan moet dit ook net so netjies lyk vir die "open home".  

Ek hoef nie vir julle te vertel hoeveel tyd en energie dit gevat het om dit alles te doen nie, en boonop moes ons elke dag gereed wees vir 'n "viewing" want die agent het 'n sleutel van die huis, en kan enige tyd mense bring om te kom kyk.  Voor werk elke dag moes ek en die kinders seker maak die huis is "spotless", en dit was 'n stresvolle tyd gewees.  Toe die toeloop afneem, en ons begin asem haal, en dink dat ons tot volgende jaar sal moet wag om te verkoop, toe gebeur die wonderwerk.  Ons huis verkoop.   

En die bewys .........



Die "settlement" was vir 30 dae, wat beteken het dat ons pressies 30 dae gehad het van die kontrak geteken is, tot ons uit die huis moet wees.  Die datum wat ons moet uit wees is die 18de Desember, en die afgelope 2 weke was nag!!  Ek moes huurhuis soek, en begin inpak.

Na baie gebede en glo en vertrou, het ons 'n huurhuis gekry, en ons het die 30ste November die sleutel gekry.  Ons trek is gereel vir die 10de Desember, en ek is stadig maar seker besig om los goed aan te ry na die huurhuis toe.  Van die 4de Desember af is ek genadiglik met vakansie, so dan kan ek net inpak, aanry en skoonmaak, sodat ons reg is vir die groot trek die 10de Desember.  

Laat ek 'n boks gaan soek en verder pak .......

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts